Vir die dagboek

NOU AAN DIE GANG

*Between being human and humanity, ‘n versameling houtskool-etse deur dr. Helmut Lauschke, word tans by die Nasionale Kunsgalery (NAGN) in Windhoek uitgestal en kan tot 3 September besigtig word.

*Unseen, ‘n abstrakte argitektoniese foto-uitstalling deur Jean-Claude Tjitamunisa, kan tot 26 Augustus by die Namibiese Kunstevereniging (NAA) se uitstalruimte (Robert Mugabelaan 122) besigtig word.

*Erdewerke wat deel vorm van die tiende Nasionale Keramiekbiënnale kan tot 16 September by die NAGN besigtig word. Rig enige navrae aan 061 231 160 of [email protected].

VANDAG

*In die jongste uitgawe van die Frans-Namibiese Kultuursentrum (FNCC) se Le Comedy Club-sessies sal die plaaslike komediant Big Mitch gehore laat skaterlag. Die vertoning begin om 19:00. Kaartjies is vooraf teen N$70 beskikbaar en kos N$100 by die deur.

*Die Suid-Afrikaanse musikant Garth Taylor tree by die Avani Hotel in die hoofstad op. Kaartjies beloop tussen N$250 en N$300 via webtickets.com.na.

DIé NAWEEK

*Die jaarlikse Outjo Wildsfees is terug en vind vandag en môre by die Sophienhof Lodge buite Outjo plaas. Feesgangers kan uitsien na vermaak deur Suid-Afrikaanse kunstenaars soos Bok van Blerk en Juan Boucher en verskeie plaaslike musikante soos Cee-Jay Jacobs, Heart2Heart, Vaughn Ahrens en ander, asook ‘n wildveiling, wynproegeleentheid en vele meer. Toegang is gratis vir preprimêre kinders en beloop tot N$300 vir ‘n naweekkaartjie. Besoek www.outjowildsfees.com of skakel 081 354 8118 of 081 124 9011 vir meer inligting.

*Die Hentiesfees maak ook vandag en môre ’n triomfantlike terugkeer. Kontak Heike by 081 302 3052 om ‘n staanplek te bespreek. Marion Holm tree Vrydag om 18:30 met “Holmruggery” by die lapa op. Kaartjies kos N$350, wat aandete en wyn insluit.

MôRE

*Die gewilde Nagmark vind weer vanaf 18:00 by die Swakopmund Hotel & Entertainment Centre plaas. Kontak 081 129 0029 of [email protected] vir meer inligting.

*Garth Taylor tree by die Cosdef Arts and Craft Centre in Swakopmund op. Kaartjies beloop tussen N$250 en N$300 via webtickets.com.na.

SATERDAG

*Die Okahandja Running Club bied om 07:00 die Rock Lodge Friendship Trails aan. Deelname kos N$150 en inskrywings sluit vandag. Rig alle navrae aan [email protected].

*Sluit aan by Haven Zoological Park in Kleine Kuppe se markdag wat vanaf 09:00 tot 19:00 plaasvind, met verskeie prettige aktiwiteite vir alle ouderdomme – van sandkuns en gesigverf tot perderitte en stalletjies.

*Garth Taylor se vertoning by die Hermanus van Wyk-saal in Rehoboth begin om 20:00. Kaartjies beloop tussen N$250 en N$300 via webtickets.com.na.

*Suid-Afrika se Juan Boucher tree vanaf 20:00 by Pirates Wreck in Walvisbaai op. Kaartjies kos N$200.

29 AUGUSTUS

*Die Senior Art-kunsuitstalling deur leerders van die Holy Cross Convent Primêre Skool open om 17:00 by die NAA. Die uitstalling kan tot 2 September besigtig word.

2 SEPTEMBER

*Die Windhoekse munisipaliteit bied ‘n tweedaagse Windhoek Mark langs OnafhanklikheidsryIaan in die sentrale sakegebied van die stad aan. Dié geleentheid is ‘n poging om die plaaslike ekonomie te stimuleer, plaaslike produkte te bevorder en ‘n tydelike platform te bied wat as ‘n ruimte sal dien vir klein besighede en korporasies om hul produkte en dienste te bevorder en te verkoop. Vir meer inligting of registrasie, besoek http://www.cityofwindhoek.org.na/documents/6a8_windhoek_market_vendor_application_form.pdf.

*’n Lentemark vind vanaf 16:00 tot 22:00 by die Grove-inkoopsentrum se boonste parkeerarea plaas. Bring die gesin vir ‘n dag van stalletjies, musiekvermaak en ’n heerlike atmosfeer.

3 SEPTEMBER

*Bring jou hond vir die Dierebeskermingsvereniging (DBV) in Windhoek se “Mutt Strutt” by die Avisdam. Stappers en hul honde kan om 07:30 aanmeld en die eerste stapsessie begin om 08:00. Die tweede stapsessie begin om 09:00. Deelname kos N$100.

*Die immergewilde Windhoek Boeremark vind vanaf 08:00 tot 13:00 by die Windhoek-skougronde plaas. Toegang beloop N$5 vir volwassenes en is gratis vir pensioenarisse en kinders. Vir meer inligting, kontak Esme by 081 277 8677 of [email protected]. Ander markdatums is 8 Oktober, 29 Oktober, 3 Desember en 10 Desember.

*Die Grootfontein Boerevereniging se Oesfees skop om 08:00 af.

*MUD bied vanaf 08:00 die An Educated Approach to Make-up-kortkursus aan. Met meer as 20 jaar se ondervinding in grimeerkuns, sal die MUD Suid-Afrika eienaar, Brenda Thambe, jou alles oor haar grimeertegnieke by Arebbusch Lodge in Windhoek leer. Kaartjies kos vanaf N$450 via quicket.co.za.

*Die Lentemark by Droombos aan die buitewyke van Windhoek word vanaf 08:30 tot 15:00 aangebied met ‘n verskeidenheid stalletjies – van heerlike kos en soet happies tot handgemaakte items, perdry en meer. Kontal 081 409 2614 vir meer inligting.

*Die Urban Spring Festival skop om 11:30 by Urban Camp in Windhoek af. Plaaslike kunstenaars soos Riaan Smit, Lin-Mari Coetzee, YD Fresh, JP Kotze en DJ Smi sal by die fees optree. Kaartjies is vooraf teen N$100 via https://bit.ly/3dfPvYL beskikbaar en teen N$150 by die deure (indien daar nog oor is).

*Die Heal Our Land-konsert begin om 16:00 by die Zoo Park-amfiteater. Gewone kaartjies kos tussen N$150 en N$200, en BBP-kaartjies kos N$500 via webtickets.com.na.

*Suid-Afrika se Rudi Claase tree vanaf 19:30 op by Droombos aan die buitewyke van Windhoek. Vir kaartjies en/of meer inligting, kontak Alinda by 061 3335 647.

Kommentaar

Republikein 2025-01-09

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 26° Rundu: 19° | 34° Eenhana: 22° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 21° | 34° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 19° | 33° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 22° | 32° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 16° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 17° | 21° Rehoboth: 22° | 33° Mariental: 22° | 35° Keetmanshoop: 19° | 34° Aranos: 22° | 34° Lüderitz: 16° | 29° Ariamsvlei: 19° | 35° Oranjemund: 16° | 25° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 21° | 28° Lubumbashi: 17° | 22° Mbabane: 18° | 28° Maseru: 18° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 19° | 24° Maputo: 23° | 34° Windhoek: 22° | 32° Cape Town: 19° | 23° Durban: 22° | 28° Johannesburg: 17° | 24° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 18° | 25° Harare: 17° | 21° #REF! #REF!