Wyle Trudi Dicks dié naweek vereer
Die Project Room-galery open môre (Saterdag) om 11:00 ’n uitstalling getiteld Contemplation ter ere van die kunstenaar Trudi Dicks, wat verlede jaar oorlede is.
“Die Project Room-span het die afgelope paar maande deur die hele oeuvre van Dicks se kunswerke gewerk wat in haar ateljee agtergebly het.
“Deur hierdie proses van katalogisering en nadenke oor die kunstenaar se lewe en werk, het Contemplation ontstaan.
“In sy kern is Contemplation ’n daad van diepe oorweging – ’n stille dialoog tussen die self en die wêreld.
“Dit is in hierdie meditatiewe ruimte dat wyle Trudi Dicks se werk aanklank vind en kykers nooi na ’n ruimte waar denke en emosie naatloos saamsmelt met kleur, vorm en tekstuur,” sê Project Room in ’n verklaring.
Dicks se werk, met haar kenmerkende onkonvensionele styl wat hoofsaaklik uit linosnee, houtsnee en metaaletse bestaan, is veral gewild onder kunsversamelaars.
Dicks was bekend vir haar unieke metodes met linoleum, hout en kollagrafie (drukwerktegniek) wat sy self ontwikkel het.
Vanaf haar eerste uitstalling, wat uit linoleumafdrukke bestaan het en die dinamika van verhoudings tussen mans en vroue onder die vergrootglas geplaas het, het Dicks later ook klei, hout, plastiek en klip asook naaldwerk by haar metodes gevoeg.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie