‘Dik Deurmekaar’ op toer deur Namibië
Mel die Storieverteller het ’n verhoogsensasie geword sedert sy gehore deur haar aanlyn platforms laat skaterlag het.
Dié gewilde komediant, wat vinnig ’n gunsteling onder Afrikaanssprekende gehore geword het met haar humoristiese lewensbeskouing en unieke manier van praat, kuier die naweek in Windhoek, Swakopmund en Otjiwarongo met haar tweede komediestuk “Dik Deurmekaar”. Daarna is sy by die Teaterhuis op Tsumeb te sien.
Sy deel hoe sy die eerste keer verwarring op skool ervaar het en hoe onder meer haarstyle en matriekafskeid-geleenthede verwarrend kan raak.
Gehore kan haar siening hoor oor onder meer die onverstaanbare obsessie met visvang en ander mense se seksuele oriëntasie, die volkslied, slimfone en luukse motors.
“Mel se stories slaan jou met die waarheid, maar dis ’n sagte hou verbloem in interessante staaltjies en onverwagse kwinkslae. Dik Deurmekaar ontroer ’n spesiale nostalgiese gevoel waarby almal kan aanklank vind. Haar unieke manier van dinge raakvat en saamvat en uitbeeld maak dat gehore die hele 60-minute deur aan haar lippe hang.
“Maar Mel belowe nie dat die vertoning volgens plan gaan verloop nie, want soms is die lekkerste deel van die vertoning om bietjie gek te skeer met gehoorlede en dan duik nuwe grappies op so tussendeur die stories – dus moet jy met omsigtigheid jou kaartjies bespreek,” lui ’n verklaring.
Geen onder 16’s word by die vertonings toegelaat nie. Sien die kalender vir meer inligting.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie