‘Hallo, Ma’ ’n verwerking van verlies
In haar nuwe brieweversameling “Hallo, Ma” verwerk dr. Chrisna Beuke-Muir nie net die dood van haar ma nie, maar pen ook die denke van ’n vrou neer wat vrede moet maak met die veranderende wêreld rondom haar.
Die meerderheid van die briewe het reeds voorheen in Republikein verskyn, maar die skrywer vertel dat die samevoeging van die briewe belangrik vir haar was.
“Om ’n boek te publiseer is iets waaroor mens nooit blasé kan wees nie,” sê sy.
Meer as haar siening van die wêreld om haar, probeer sy vrede maak met die werklikheid van die dood.
“Ek wil glo my ma sien my. . . ek eindig baie van die briewe deur vir haar ’n vraag te vra oor waar sy nou is,” sê sy.
“Dit het vir my ’n paar dinge help verwerk en so hoop ek ook vir diegene wat dit lees,” sê sy oor die bundel, wat volgens haar ook die vreugde weerspieël wat haar jare as taaldosent aan die Universiteit van Namibië haar gegee het.
Buiten haar skryfwerk, deel sy ook haar passie vir Afrikaans in verskeie verhoogstukke waarvan die nuutste “Sus van” is.
Sy sê ook dat sy graag gedigte wil publiseer wat handel oor die verhouding wat ’n Bybelse figuur met die Here gehad het.
“Dawid in die Bybel was nogal stout en tog sien mens hoe lief die Here hom gehad het – dit laat my ook aan myself dink,” sê sy.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie