‘Swakopmund – Those were the days’ eersdaags in Duits beskikbaar
Ná die reusesukses van haar boek Swakopmund – Those were the days, stel Coral van der Plas die Duitse vertaling van hierdie boek volgende Saterdag by Swakopmund se gewilde Night of the Galleries bekend.
Die boek, ’n versameling van Van der Plas se waterverfkunswerke wat die Swakopmund van ouds vasvang, is ’n jaar gelede bekend gestel en stel haar unieke styl ten toon.
Van der Plas het verlede jaar aan Kollig gesê sy sukkel om reguit lyne te teken en dus is die kleurryke geskiedenis van Swakopmund op haar unieke manier neergepen.
Sy het met die bekendstelling van die Engelse weergawe gesê: “. . . baie mense stap net verby sonder om van die detail te weet. Die Woermannhaus het byvoorbeeld uitstekende teëlwerk. Ek hoop dit laat mense besef wat hulle misloop.”
Susann Kinghorn het Swakopmund – Those were the days in Duits vertaal en sal onder die titel Swakopmund – Das waren noch Zeiten verskyn.
Peter Rainer, wat die Engelse uitgawe gepubliseer het, is ook die uitgewer vir die Duitse uitgawe.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie