’n Waardevolle brokkie geskiedenis
’n Interessante stuk Namibiese geskiedenis is opgeteken in The Hambukushu of Namibia’s Kavango East Region deur Maria Fisch wat op 15 September by die Namibië Wetenskapvereniging bekend gestel is.
Sprekers by dié geleentheid was onder andere die skrywer en politieke ontleder, prof. Joseph Discho; ombudsman Basilius Dyakugha; en die Wetenskapvereniging-raadslid Erika von Wietersheim.
The Hambukushu of Namibia’s Kavango East Region is die eerste omvattende skrywe oor die geskiedenis van die Hambukushu-mense en dek ’n tydperk van ongeveer 300 jaar.
Die ouer geskiedenis van die Hambukushu is deels gebaseer op uitgebreide navorsingsmateriaal wat Joseph Wüst tussen 1921 en 1939 versamel het van bejaarde Hambukushu-bronne, wat nog oor eerstehandse kennis van hul verlede beskik het.
Fisch neem die leser terug na die Hambukushu se oorspronklike tuiste by Mussuma, hul verblyftyd by Ditomboro en langs die Luyana- en Mashi-riviere, en beskryf dan hul finale vestiging langs die Kavangorivier rondom die jaar 1800 tot onlangs.
Die boek bevat waardevolle inligting oor alle Hambukushu tradisionele leiers (hafumu) en die tradisionele leierskap-elite, insluitend presiese genealogiese besonderhede, hul beweerde vermoë om reën op te roep, en belangrike gebeurtenisse gedurende hul leeftyd.
Behalwe vir die Hambukushu in Namibië, beskryf die boek ook die Hambukushu wat in Angola, Botswana en Zambië woon. Die skrywer bespreek hul verhouding met ander groepe van die gebied, insluitend die !Kung, Khwe, Balozi en Batawana gedurende die tyd van slawehandel en die heerskappy van verskillende koloniale magte.
Aangesien Rooms-Katolieke sendelinge ‘n sleutelrol gespeel het in die vorming van baie Hambukushu-mense se lewens, word ’n groot deel van die boek gewy aan hul pogings op die gebiede van onderwys, gesondheidsorg en geestelike ontwikkeling.
Hierdie boek is ’n moet vir enigiemand wat in hierdie aspek van die Namibiese geskiedenis belangstel, aangesien dit deeglik nagevors en geskryf is deur ’n mediese dokter met ’n agtergrond in antropologie wat kundigheid met passie, ’n visie en toewyding kombineer.
Dr. Maria Fisch is op 24 Desember 1924 in Duitsland gebore en het die grootste deel van haar lewe in die Kavango gewoon en gewerk.
As mediese dokter het sy baie mense behandel wat steeds na haar as ’n ma verwys. In 1957 is sy deur die Missionsäztliches Institut in Würzburg na die destydse Suidwes-Afrika gestuur, waar sy vir die hele noordoostelike gebied verantwoordelik was.
Daar het sy geleer om Mbukushu te praat om met haar pasiënte te kan kommunikeer. Terwyl sy in beheer was van die nuutgeboude hospitaal in Andara, het sy kennis opgedoen oor die geskiedenis en kultuur van die mense wat daar woon.
In 1987 het sy uit die gesondheidspraktyk getree en haar tyd aan vrywilligerswerk in die land gewy.
Sy was onder meer voorsitter van die Namibië Wetenskapvereniging van 1992 tot 1993, en het oor die jare verskeie wetenskaplike essays en boeke gepubliseer, veral oor die Namibiese geskiedenis en die Mbukushu-taal. Ter erkenning van haar humanitêre en wetenskaplike werk in Namibië is die gesogte Bundesverdienstkreuz 1. Klasse in 2009 aan haar toegeken.
Alle lede van die Kavangostreek en enigiemand wat belangstel in Christelike sending, antropologie, kulturele diversiteit en mediese sorg sal hierdie boek baie interessant vind.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie