’n ‘Raafontuur’ deur Namibië
Die Suid-Afrikaanse folk-rock-duo RAAF – Lourens en Esté Rabe – het reeds met hul Raafontuur-somertoer in Namibië begin, en die verwagtinge onder hul plaaslike aanhangers loop hoog.
Die Namibiese been van hul toer het Woensdag by die Padlangs Padstal op Mariental afgeskop. Dit is gister deur ’n eksklusiewe wyn-, kuns- en koskonsert by Droombos se Cigar Lounge in Windhoek opgevolg. Droombos speel ook vanaand en môreaand gasheer vir twee konserte.
Die Raafontuur-toer reis dan na Tsumeb en die duo tree op Donderdag 13 Februarie by Tsumeb Gimnasium op voor hul optredes by die Swakopmund Hotel & Vermaaklikheidsentrum op 14 en 15 Februarie.
RAAF se verbintenis met Namibië is persoonlik.
“Sedert ons eerste toer in 2016 het Namibië ons harte so diep geraak dat ons ons daartoe verbind het om elke jaar terug te kom om ons musiek te deel,” het die paartjie gesê.
“Die natuurlike skoonheid is onbeskryflik, maar dit is die mense – hul warmte, vrygewigheid en gasvryheid – wat die trekpleister is.”
RAAF beloof ’n meesleurende musiekervaring gevul met emosie, energie en verrassings aan plaaslike gehore.
Die duo het gesê hul liedjielys sluit bekende ballades soos “Ek Wou Nog” sowel as nuwe, hoë-energie-snitte in wat geskep is om gehore op hul voete te hou.
“Daar sal poësie wees, diep oomblikke en tye waar jy saam met ons op die tafels sal wil dans,” skerts hulle.
“Ons het ’n vertoning saamgestel wat beide tegnies indrukwekkend en emosioneel impakvol is.”
Die duo het ook nuwe elemente by hul toer gevoeg, soos ’n gesofistikeerde klank- en beligtingsformaat (set-up) om die ervaring te verbeter.
’n Spesiale hoogtepunt is die bekendstelling van hul wyn, Raafontuur, wat by elke konsert beskikbaar sal wees om te proe en te koop.
Terwyl RAAF ’n paar verrassings geheim hou, moedig hulle aanhangers aan om liedjieversoeke via direkte boodskappe op sosiale media te stuur, om te verseker dat elke dorp se optrede ’n persoonlike aanslag het.
Die plaaslike kunstenaar Sagarias Tsam sal RAAF se konserte in Windhoek en Swakopmund open.
Terwyl tydsbeperkings hulle die keer mag verhinder om saam met plaaslike kunstenaars te werk, is RAAF opgewonde om dit in die toekoms te doen.
“Ons wou nog altyd ’n liedjie opneem terwyl ons in Namibië is. Wie weet? Dalk sal dit hierdie keer bymekaar kom.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie