’n Hoogtepunt vir enige besoeker
Lê jou kop hier neer
Kupferquelle bied rustieke sjarme en voldoen gelyktydig aan gesofistikeerde smake.
Die naam Kupferquelle beteken “Koperfontein” en verwys na die ryk koperafsettings naby Tsumeb.
Dit verwys egter ook na die unieke Namibiese familie-oord op die dorp wat aan die Henning-gesin behoort en beskryf word as een van die land se toerismehoogtepunte.
Met groot klem op selfs die kleinste besonderhede en ’n passie vir die moontlikhede wat Namibiese toerisme bied, het die Henning-gesin ’n luukse oord geskep en só ook in die toekoms van Tsumeb belê.
Kupferquelle is nie ver van die bekende Etosha Nasionale Park geleë nie. Dit is ook die perfekte plek om te oornag vir daguitstappies in die park of as ’n ruspunt tussen die lang rit na ander dele van die land.
Wanneer dit by verblyf kom, is Kupferquelle ’n gerieflike plek om jou kop neer te lê ná ’n dag van verkenning
Die oord bied luukse dog bekostigbare chalets, of ’n kampeerterrein, waar toeriste die sterrehemel waarvoor Namibië bekend is werklik kan geniet.
Die chalets is ruim en ideaal vir gesinne, met tien dubbelkamers en kamers vir drie gaste, asook 40 standaardkamers wat uitstekende verblyf teen ’n billike prys bied.
Die kampeerterrein en goedversorgde grasperk bied pragtige kampeerplekke, wat ’n kostedoeltreffende verblyf-alternatief is.
Wat die oord se besienswaardighede en aktiwiteite betref, bevind Kupferquelle hom midde ’n besondere gebied wat ryk is aan hulpbronne soos kopererts, maar ook aan besienswaardighede.
By die oord sal gaste ’n oorsig kry van al die besienswaardighede wat in die omgewing besoek kan word: die Tsumeb-museum, die kuns- en kunsvlytsentrum, die kulturele dorpie, die Boesman-kultuurdorpie by Tsintsabis, die Otjikotomeer, Hoba-meteoriet, Guinasmeer, Dragon's Breath en die Ghaub-grotte.
Tracey Nel, wat in die finansiële afdeling van die oord werk, het gesê die pandemie het groot uitdagings vir hulle meegebring, maar hulle het ook ’n paar hoogtepunte geniet. Kupferquelle het onder meer twee toptoekennings van Travelmyth ingepalm.
Wat Kupferquelle onderskei van die ander oorde oraloor die land, is dat hulle professionele diens in ’n natuurlike en ontspanne omgewing bied wat ook spog met ’n Olimpiese grootte swembad.
’n Gerieflike winkel is ook binne stapafstand en die Kupfer Grill met uitstekende diens en kos. Die oord bied ook trou- en konferensiepakkette aan en kan tot 200 gaste huisves.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie