60 jaar se puik diens
Apteek het ’n ryk erfenis
Tsumeb Apteek fokus op meer as net die verkoop van medisyne.
Desiree Gases
Tsumeb Apteek is in die vroeë 1960’s deur Sakkie Buys gestig en dus is die besigheid deel van die dorp se geskiedenis.
Benewens Buys self, is een van die vorige eienaars en aptekers die voormalige burgemeester, Dekker van Wyk.
In 1988 het een van die huidige lede van die beslote korporasie, Andre Horn, eienaarskap oorgeneem.
In 2009 het Buys Steenkamp by hom aangesluit en ’n paar jaar later het Horn se twee dogters, Anna-Marie en Yolandi, ook as aptekers en lede by die besigheid aangesluit.
“Ons gaan regtig die ekstra myl om seker te maak daar word op ’n professionele, vriendelike en doeltreffende wyse na ons pasiënte se behoeftes omgesien wanneer dit kom by medisyne en gesondheid.
“Afgesien van die gewone farmaseutiese dienste, beskik ons ook oor ’n goed toegeruste kliniek, waar ons ’n wye reeks diagnostiese dienste bied en ook na wonde kan omsien,” het Steenkamp gesê.
Tsumeb Apteek is sentraal in Tsumeb se hoofstraat, Presidentstraat, en naby twee mediese praktyke geleë.
Om by hul uitstekende diens aan te sluit, deel personeel ook persoonlike raad oor die gebruik van medisyne.
Voorts glo hulle daarin om ’n gesonde leefstyl te handhaaf, aangesien dit een van die beste maniere is om chroniese siektes te voorkom en te bestuur.
“Ons beplan om in die toekoms ons kollegas in ander gesondheidsberoepe deur verskillende inisiatiewe en veldtogte hierby te betrek,” het Steenkamp bygevoeg.
Maar wat hulle werklik onderskei, is dat hulle reeds meer as 60 jaar bestaan. Boonop kom die meeste van hul personeel al ’n lang pad saam – ook deur uitdagende tye, wat hulle as ’n span nader aan mekaar gebring het.
Die apteek beskik oor beide ervare en jong aptekers wat hul ambag ken.
Die afgelope 60 jaar lewer Tsumeb Apteek uitstekende ondersteuning aan die gemeenskap, en strek dit veel verder as net die lewering van ’n farmaseutiese diens.
Ten opsigte van hoogtepunte, het Steenkamp gesê: “Ons ervaar elke dag hoogtepunte wanneer tevrede kliënte na die apteek terugkeer om dankie te sê vir die diens wat ons aan hulle gelewer het.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie