Almal aan boord
’n Ervaring soos min
Kry alles onder een dak by Tsumeb se Farmhouse Deli.
Alles by die Farmhouse Deli op Tsumeb is ontwerp om ’n unieke ervaring aan besoekers te bied.
En dan is daar boonop verblyfgeriewe ook.“Conductor’s Inn bestaan uit twee ou spoorwaens wat noukeurig aangepas en in agt luukse kamers omskep is,” sê Thea Bosch, een van die eienaars van die Farmhouse Deli.
Hierdie unieke geriewe laat gaste die nostalgie van ’n vervloë era herleef.
Elke slaapeenheid beskik oor ’n en suite-badkamer, ’n koffie- en teestasie, ’n yskas en – baie belangrik met die somer op hande – lugversorging.
Buiten die treinverblyf het Farmhouse Deli ook kampeerplekke beskikbaar waar gaste hul tente onder bome kan opslaan, en daar is ’n spesiale venue wat perfek is vir intieme troues.
Wat dit meer spesiaal maak, is dat dit tussen wingerde en sitrusbome geleë is, sodat gaste lekker kan ontspan terwyl hulle die natuur op staproetes verken op die omheinde eiendom van 18 hektaar.
Vir gaste se gerief is daar elke dag koffie en varsgebak by die deli te koop, terwyl die aangrensende kwekery vrugtebome, wingerdstokke, blomme en ander groenighede verkoop.
“Dan kan kliënte ook hul motors by die vulstasie volmaak, ’n draai maak by ons kuns- en kunsvlytsentrum, ontspan by die wynproe- en kroegarea, of ’n piekniek hou onder die bome,” het Bosch gesê.
Die Farmhouse Deli bied ook talle unieke geleenthede deur die loop van die jaar aan. Dit sluit in kuns- en kunsvlyt, kook- en bakdemonstrasies en wynproegeleenthede.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie