Badenhorst: Jou gemeenskapsapteek
Die Badenhorst Apteek op Otjiwarongo is alombekend en spog met sowat 45 jaar se getroue diens aan dié gemeenskap.
Fanie Badenhorst het die Otjiwarongo Apteek, soos dit destyds bekend was, in 1974 by Vic Ribiero gekoop en die naam op 1 Oktober 1975 na FH Badenhorst Apteek verander. Terselfdertyd het dit ook geskuif na die hoek van Voortrekkerweg en St Georgesstraat en gevolglik as “die apteek op die hoek” bekend geword.
Fanie se vrou, Connie, was ook ’n gekwalifiseerde apteker en hulle het die besigheid saam bestuur.
Die huidige eienaar, Wilma Badenhorst, het haar man in 2000 op universiteit ontmoet. In 2003 het hulle na Otjiwarongo verhuis waar sy as ’n leerling-apteker by die apteek begin werk het. Sy het in 2010 oorgeneem en die naam na Badenhorst Apteek verander - soos dit vandag nog onder kliënte en die gemeenskap bekend staan.
In 2013 het die apteek weer getrek – dié keer na St Georgesstraat nommer 3, waar dit vandag nog geleë is.
TEGNOLOGIE
Die apteek is een van die min besighede wat nie die slag van Covid gevoel het nie, en dit was in hierdie tyd wat Wilma besef het hoe belangrik tegnologie is vir enige besigheid om te groei. Dus het sy besluit om nuwe planne in plek te stel, soos die “robotic dispensary”, waar aptekers met die druk van ’n knoppie medisyne makliker kan versprei.
Verder maak sy ’n punt daarvan om gedurig met die tye aan te pas en op hoogte te bly van alle nuwe verwikkelinge in die aptekersbedryf.
Die apteek het 15 personeellede in diens, waar die opleiding van ’n aptekersassistent ook deel van die program vorm.
Wilma maak ook gebruik van die Health Window-digitale toepassing - wat maklik afgelaai kan word - om kliënte met chroniese voorskrifte te herinner om hul medikasie betyds te bestel.
Badenhorst Apteek bied ook ’n afleweringsdiens in die dorp.
Om haar kliënte se lewens verder te vergemaklik, is sy nou besig om hulle voor te stel aan ’n aanlyn dokterskonsultasieplatform bekend as Dr MacQ wat jou simptome na-ure kan identifiseer. Wilma se innoverende bestuurstyl dien as bewys van haar toewyding om net die beste aptekersdienste aan kliënte te bied.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie