Beestelers skenk vir skool op Grootfontein
Die Northern Select-groep van vyf Simmentaler- en Brahmaan-telers het onlangs N$20 000 aan Karstveld Academy op Grootfontein geskenk.
Die telers wou in die gemeenskap terugploeg – veral aan plaaslike boere wat hulle oor die jare ondersteun het – en het besluit om N$500 aan die skool te skenk vir elke bul wat vroeg in November op hul Northern Select-veiling op die dorp verkoop word.
Die veiling is onlangs reeds vir die 27ste jaar aangebied. Die voorsitter van die skoolraad, mnr. Johan Spangenberg, het gesê die geld sal vir die skool se sportveld gebruik word, wat tans gevestig word.
Van links is Spangenberg, Karstveld Academy se skoolhoof Wimpie Silver en Yolandie Boshoff. Dan volg die telers Reimo en Sonja Schneider (Okabra Brahmans- en Okasim Simmentalers) en Charlotte Hellinghausen (Kupferberg Brahmans). Voor is die teler Silvia van Biljon (Arla Simmentalers en Karla Brahman).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie