Boekwinkel uit die boonste rakke
Met ’n liefde vir boeke en ’n passie om kinders aan lees bloot te stel, het die nuwe eienaar van die boekwinkel op Otjiwarongo vir Anre’s Books in 2021 oorgeneem.
Suzanne Boshoff is bekend as ’n eiendomsagent in die dorp.
“Ek het gedink daar is nog genoeg ure in die dag om die boekwinkel ook te behartig,” lag sy.
Die boekwinkel is nou bekend as The Book Owl.
“Ons het verlede jaar klein begin, maar ons het reeds gegroei en na ’n groter perseel getrek,” vertel sy.
Volgens haar is die fokus steeds op skooluitstallings waar die skool dan ons boeke vir kinders, ouers en onderwysers uitstal.
“Ons is besig met ons webtuiste wat ons vroeg volgende jaar gaan bekendstel. Ons sal dus die eerste boekwinkel in Namibië wees waar jy boeke direk aanlyn kan koop,” sê sy.
By The Book Owl is iets vir almal – vir volwassenes, kinders en skoolkinders. Met Willmare van Jaarsveld en Antoinette van der Westhuizen aan haar sy, is hierdie nog net die begin.
“Ons is ’n ongelooflike hegte span wat baie in ’n dag kan verrig en net so lekker kan lag. Ons het die lekkerste werk in die wêreld,” sê sy.
Almal vra haar altyd of sy nie ’n fout gemaak het om ’n boekwinkel oor te neem nie, want papier is iets van die verlede. Sonder om te skroom antwoord sy altyd dat geen ouer wil hê hul kinders moet meer tyd voor skerms deurbring nie.
“Jy kan geen beter waarde in jou kind se toekoms belê deur vir hom of haar ’n boek te gee nie. Los die telefoon en skerms en gee ’n boek vir jou kind. Dis hoe ons droom met ons oë oop.”
En in die wyse woorde van Plato: “Boeke is die siel van die wêreld, vlerke vir die verstand, vlug vir die verbeelding en lewe aan alles.”
Die boekwinkel is op die hoek van Hage Geingob-straat en Sonweg Laan, oorkant die Midway Shell geleë.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie