Droom vir Outjo herleef
Gemeenskapsinisiatief om dorp se skoonheid te handhaaf
Met hierdie inisiatief word gefokus op vullisterreine, infrastruktuur, netheid en aanspreeklikheid.
Enzo Amuele op Outjo
In 2014, toe die dorp ingeskryf is vir KykNet se dorp van die jaar-kompetisie, is die Droom vir Outjo-inisiatief gestig, met inwoners wat sou verseker dat die dorp altyddeur skoon en goed bestuur word.
Die projek is bestuur deur Aurelia Liebenberg, wat in 2015 weggetrek het, en in die proses het die projek plat geval. Einde verlede jaar het inwoners die inisiatief egter laat herleef, met Deon Verster nou aan die spits daarvan.
Volgens Verster is die basiese beginsels waarop die inisiatief fokus vullisterreine, infrastruktuur, netheid en aanspreeklikheid om te verseker dat die dorp behoorlik onderhou word.
“Ons wil onder meer inwoners opvoed sodat hulle nie langs die pad of in die openbare ruimtes rommel strooi nie,” het hy gesê.
Hy voeg by die inisiatief fokus ook op bestaande infrastruktuur wat ’n knou gekry het weens ’n gebrek aan munisipale geld en daarom werk hulle nou saam.
“Outjo beleef ’n ruk lank al ’n waterkrisis en deur Droom vir Outjo het ons geld ingesamel en ’n geohidroloog aangestel om die dorp by te staan ten opsigte van waterbeplanning, hetsy op lang-, medium- of korttermyn, om te verseker dat indien boorgate geboor word, dit op die regte plek gedoen word,” het hy gesê.
Die inisiatief behels ook dat besighede verantwoordelikheid aanvaar om te verseker dat hul geboue geverf en netjies is.
Verster het voorts gesê daar is ’n ongewenste kultuur in die dorp waar inwoners binne die regulasies toegelaat word om hul tuinvullis op die sypaadjies te stort. Weens die gebrek aan toerusting by die munisipaliteit, lê dié rommel egter soms maande lank daar sonder om verwyder te word.
“Ons moedig gemeenskapslede aan om eerder self die vullis te verwyder of van private kontrakteurs gebruik te maak en dit nie bloot daar te los en besoedeling te veroorsaak nie,” het hy gesê.
Deur die Droom vir Outjo gebruik inwoners huishoudelike werknemers om slaggate met gruis op te vul wat as ’n tydelike oplossing dien tydens die reënseisoen om die verdere vernietiging van die pad te keer.
Verster het tot die gevolgtrekking gekom dat belanghebbendes van Droom vir Outjo een keer per maand ’n vergadering met die munisipaliteit hou om te verseker dat verantwoording gedoen word en bystand gelewer word waar nodig.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie