Feestyd op Outjo

Wild, wilder, Wildsfees!
Die immergewilde fees is terug ná twee jaar se onderbreking.
Desiree Gases
Die 18de Windhoek Draught Outjo Wildsfees vind uiteindelik weer plaas – hierdie keer vanaf 25 tot 27 Augustus – en nog steeds by die Sophienhof Lodge sowat 10 km buite die dorp op die Khorixas-pad.
Al het die fees die afgelope twee jaar nie plaasgevind nie, sal dit na verwagting weer duisende besoekers van oraloor die land lok. Dit beloof egter om weer ’n bielie van ’n fees te wees met 120 uitstallers, ’n rits aktiwiteite vir oud en jonk en vermaak uit die boonste rakke.
Die program begin op Donderdag 25 Augustus om 19:00 met Niekie & Riaan op die verhoog, gevolg deur Bella Lusse om 20:00 en Riaan Benade en sy orkes om 21:00. Daarna sorg DJ Ru vir die vermaak tot laataand.
Vrydag en Saterdag maak die stalletjies reeds om 08:30 oop en besoekers sal die hele dag vermaak word.
Die Spar Glaskas, wat in 2019 begin is, is vanjaar weer terug met die Baarde & Vellies-geleentheid vir die manne wat die Vrydag vanaf 12:00 plaasvind. Trek jou vellies aan, kam jou baard en kom kuier saam met jou vriende terwyl julle aan skaapkop of eisbein smul, en jy kan ook aan brandewyn en konjak proe. Maar jy moet wikkel as jy wil saamkuier, daar is net 100 sitplekke beskikbaar. Kaartjies kos N$350 elk.
Die Glaskas is Saterdag 27 Augustus om 11:00 die plek vir die skoner geslag om te wees, wanneer Huis Onduri die Kant & Kristal se laat ontbyt vir dames aanbied. Die oggend beloof om propvol pret, inspirasie, verrassings en omgee te wees, met Jak de Preister as seremoniemeester. Kontak Iselle by 081 250 9673 of Corrie by 081 284 0035 vir kaartjies teen N$2 500 per tafel.
Verskeie Namibiese en Suid-Afrikaanse kunstenaars tree tydens die fees op, onder meer Alinda Lu'Mar, Nadine, Juan Boucher, Bok van Blerk, Jay & Lianie en Kurt Darren.
Oudergewoonte is daar weer ’n beesraspromosie, en belangstellendes kan Christo van Zyl by 081 147 4199 vir meer inligting oor die Mopanie Beesfees kontak.
By die fees bied Party Kidz ’n springkasteelpretpark aan, terwyl die Outjo Reitklub ’n paar interessante speletjies vir ruiters en hul perde aanbied. ’n Skietkompetisie is ook op die program.
Die wildsveiling is nog ’n trekpleister, en Du Preez Wild bied die Saterdag dié geleentheid aan.
Om die naweek ten volle te geniet, bespreek nou reeds jou kampplek by Cynthia by [email protected]
Kaartjies vir Donderdag en Vrydag kos N$170 vir volwassenes en hoërskoolkinders en N$70 vir laerskoolkinders terwyl jonger kinders en pensioenarisse (ouer as 60) gratis is.
Saterdag is die kaartjies N$190 vir volwassenes en hoërskoolkinders, N$90 vir laerskoolkinders en gratis vir jonger kinders, maar is N$100 vir pensioenarisse ouer as 60.
Die beste sal wees om ’n naweekkaartjie teen N$300 vir volwassenes en hoërskoolkinders, N$130 vir laerskoolkinders en N$100 vir pensioenarisse (ouer as 60) te koop.
Vir meer inligting oor die fees en die volledige vermaaklikheidsprogram, besoek www.outjiwildsfees.com, of kontak Carina by 081 124 9011 of Lizel by 081 354 8118.

Kommentaar

Republikein 2024-11-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 31° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 21° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 20° | 30° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 25° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 20° | 34° Lubumbashi: 18° | 33° Mbabane: 16° | 31° Maseru: 14° | 30° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 19° | 32° Maputo: 19° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 27° Johannesburg: 16° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 19° | 29° Harare: 16° | 26° #REF! #REF!