Groot geleenthede vir jeugondernemings
Platform vir MSMEs
Tsumeb was onlangs die gasheer vir die Know2Grow NextGen Entrepreneurs-platform.
Mikro-, klein- en mediumondernemings (MSME’s) oraloor die land het op Tsumeb byeengekom vir die eerste Know2Grow NextGen Entrepreneurs Showcase, wat vanaf 16 tot 18 November gehou is.
Altesame 120 MSME’s in verskeie bedrywe insluitend voedselverwerking, skoonheidsmiddels en vervaardiging, het hul innoverende produkte en dienste tydens die driedaagse geleentheid vertoon.
Die Namibiese Raad vir Beleggingsbevordering en –Ontwikkeling (NIPDB) was die aanbieder en die tema was “Skaalvorming (scaling) deur Innovasie, Waardetoevoeging en Samewerking.”
Die Know2Grow NextGen Entrepreneurs Showcase word jaarliks aangebied om marktoegang en kapasiteitsbou te bevorder. Nog ’n doelwit is om die groei van kreatiewe, jeugbestuurde besighede in Namibië te versnel.
Die NIPDB het die Know2Grow NextGen Entrepreneurs-projek, wat ’n uitbreiding van die Know2Grow-projek is, aangebied om kritiese en pertinente inligting rakende finansiering en marktoegang te deel ten einde die uitbreiding van MSME’s te ondersteun.
Tsumeb se burgemeester, Matheus Hangula, het die inisiatief as suksesvol beskryf, veral omdat dit entrepreneurs uit alle uithoeke van Namibië gelok het. In die proses kon hulle toegang tot die mark verkry en hul kapasiteit bou.
“Ek vertrou hierdie platform het vele geleenthede daargestel vir private en regeringsbelanghebbendes om met jong entrepreneurs te gesels oor sake wat relevant is om hul kanse op besigheidsukses te verbeter,” het hy gesê.
GEMEENSKAPPE
Oshikoto se goewerneur, Penda Ya Ndakolo, het gesê aangesien Namibië as ’n jong nasie beskou word, is dit noodsaaklik dat gemeenskappe die weg baan vir jeuggeleide inisiatiewe en die versnelling van hul sake-ondernemings ondersteun.
“Jong mense moet ’n omgewing hê waarin hul slim en innoverende sakemodelle erken en aangemoedig word om die volgende generasie te onderhou,” het hy beklemtoon.
Voorts het Ya Ndakolo sy dank teenoor die NIPDB uitgespreek vir die werk wat hulle doen om te verseker dat Namibiese MSME’s geleenthede kry om hul besighede uit te brei, werk te skep en die ekonomie te laat groei.
UITDAGINGS
Die uitvoerende direkteur van die ministerie van industrialisasie en handel, Sikongo Haihambo, sê sy ministerie is bewus van die uitdagings wat entrepreneurs ondervind, veral om toegang tot finansiële steun te bekom om hul besighede uit te brei en te laat groei.
“Tradisionele finansiële instellings is dikwels huiwerig om MSME’s te finansier, weens die vermeende risiko verbonde aan ontluikende entrepreneurs sowel as ’n gebrek aan, of soms beperkte, besigheidsbestuurservaring.
“Om ’n sakeplan in ’n winsgewende besigheid te omskep, bly dus vir te veel jong Namibiërs net ’n droom,” het hy gesê.
Hy sê die Know2Grow Nextgen Entrepreneurs Showcase is ’n noodsaaklike inisiatief wat strook met die regering se pogings om entrepreneurskap en ondernemingsontwikkeling in die land te bevorder.
Die NIPDB se uitvoerende hoof, Nangula Uaandja, het die belangrikheid daarvan beklemtoon om entrepreneursgeleenthede vir jongmense te skep en hul idees te ondersteun. Sy meen die nasie moet saamwerk om beter maniere te vind om vir MSME’s die weg te baan.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie