Houtskoolbedryf neem die voortou

Sosioëkonomiese opheffing van vroue
'n Organisasie op Otjiwarongo help om vroue in die hoofstroom van ekonomiese bedrywighede te vestig.
Enzo Amuele op Otjiwarongo
Enzo Amuele op Otjiwarongo

Vyftien vroue het op 29 Maart vanjaar op Otjiwarongo bymekaargekom om hul vaardighede in die houtskoolbedryf ten toon te stel.

Hulle het die verskillende prosesse van houtskoolvervaardiging gedemonstreer, soos onder meer identifisering, vergruising en sifting.

Fiona Neis, die stigter en voorsitter van die Otjiwarongo Women Empowerment Network (Owen) – ’n organisasie wat hom vir die verbetering van vroue se sosioëkonomiese omstandighede beywer – het ’n kort inleiding van die organisasie verskaf.

“Ek en Engelhardine Ngozu het saam ’n gedagte gehad oor die bemagtiging van vroue en die bekamping van werkloosheid van ongeskoolde vroue in informele nedersettings.”

Dit is hoe Owen in Februarie 2019 op die been gebring is.

Ngozu het gesê sy en Neis het doelbewus dié organisasie gestig om te help om vroue in die hoofstroom van ekonomiese aktiwiteite te vestig.

In Augustus 2021 het die vroue ’n weeklange opleidingskursus bygewoon, waar hulle gewys het hulle hoef nie vir mans in die biomassabedryf terug te staan nie.

Vandag bestaan die groep uit 15 vroue wat mekaar ondersteun ten einde ’n volhoubare lewensbestaan te maak. Hulle reik ook – waar hulle kan – na ander huishoudings uit.

So, hoekom vroue in die biomassabedryf?

Die vroue sê dit is ’n algemene praktyk in Namibië om spanne mans aan te stel, maar dit het ook sy uitdagings.

“Vroue is baie keer net so bekwaam as mans en is gewoonlik meer betroubaar en verantwoordelik,” sê Ngozu.

Sy voeg by vroue gee meer sorg en aandag aan detail wat uiters belangrik is om aan nasionale en internasionale gehalte- en veiligheidstandaarde te voldoen.

Sy sê byvoorbeeld vroue sal aan die vereiste spesifikasies vir boomspesies en -grootte voldoen, wat die kritieke eerste stap in die waardeketting is, gevolg deur voorafverwerking en formulering.

“Voorts verseker vroue voedselsekerheid op huishoudelike vlak, maak hul gesinne groot en beoefen ‘ubuntu’ op gemeenskapsvlak,” sê sy.

Die duo glo om vroue in besigheid te bemagtig, bemagtig dit hulle ook om hul gemeenskappe te verbeter.

“Vroue lewer ’n groter positiewe maatskaplike impak uit hul inkomste in vergelyking met mans. Vroue is deur en deur versorgers.”

Dus is hul fokus eerder op die bereiking van maatskaplike doelwitte en die handhawing van waardes van regverdigheid en billikheid, eerlikheid en goeie bestuur.

“As ons ’n nasie wil sien wat ekonomies ontwikkel, is dit belangrik om vroue te bemagtig. Werklike vrouebemagtiging kom deur vroue ekonomies onafhanklik te maak,” het Neis gesê.

’n Raadslid van die Otjiwarongo-kiesafdeling, Marlyn Makera, sê vroue bewys elke dag in verskeie sektore dat hulle net so bekwaam as mans is.

“In Afrika suid van die Sahara was daar die afgelope paar jaar ’n oplewing in die houtskoolbedryf en bied dit ’n gulde geleentheid vir vroue om die ekonomiese speelveld gelyk te maak. Ek verneem die Namibiese biomassabedryf se indiensneming het die afgelope vyf jaar vanaf 6 000 tot 11 000 gegroei.”

Die bedryf kan die land ’n ekonomiese hupstoot gee, tesame met internasionale blootstelling.

“Dit is onaanvaarbaar dat vroue in die sogenaamde manlik gedomineerde sektore, politieke sfere sowel as in maatskaplike kringe geboelie word. Ons mag dit nie toelaat nie.”

Mbakera sê dit is hoogtyd dat vroue saamstaan, mekaar ondersteun en erken word as nasiebouers en nie net nasiemakers nie.

HARDE WERKERS

Die bestuurder van die Namibiese Houtskoolvereniging (NCA), Michael Dege, sê die plan is om die inisiatief by ander munisipaliteite te ontplooi.

“Ons weet vroue is harde werkers en hierdie inisiatief help om meer vroue aan die biomassabedryf bloot te stel.”

Hy het tydens hul opleiding in Augustus 2021 self gesien hoeveel aandag die vroue aan detail gee.

“Hulle het akkuraat nagegaan wat hulle gedoen het,” het Dege gesê. Hy sê dit het hom laat besef vroue sal waarskynlik beter vaar in vaardighede soos produksie.

Hy het bygevoeg hierdie vroue hoef bloot na houtskool te kyk en hulle sal weet of dit gereed is of nie.

“Na net een dag se opleiding kon die vroue identifiseer wat reg gedoen word of nie.”

Kommentaar

Republikein 2024-09-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: Fidelity ADT Lions 14 vs 16 Hollywoodbets Sharks XV Rugby Championship: Argentina 29 vs 28 Springboks | Australia 28 vs 31 New Zealand Premier League: Manchester City 2 vs 2 Arsenal | Brighton 2 vs 2 Nottingham Forest | Crystal Palace 0 vs 0 Manchester United | Tottenham Hotspur 3 vs 1 Brentford | Southampton 1 vs 1 Ipswich Town | Liverpool 3 vs 0 Bournemouth | Leicester City 1 vs 1 Everton | Fulham 3 vs 1 Newcastle | Aston Villa 3 vs 1 Wolves | West Ham 0 vs 3 Chelsea LaLiga: Rayo Vallecano 1 vs 1 Atletico Madrid | Villarreal 1 vs 5 Barcelona | Athletic Club 3 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Leganés | Real Madrid 4 vs 1 Espanyol | Valencia 2 vs 0 Girona | Osasuna 2 vs 1 Las Palmas | Real Valladolid 0 vs 0 Real Sociedad | Deportivo Alaves 2 vs 1 Sevilla SerieA: Inter Milan 1 vs 2 AC Milan | AS Roma 3 vs 0 Udinese | Monza 1 vs 2 Bologna | Fiorentina 2 vs 1 SS Lazio | Lecce 2 vs 2 Parma | Juventus 0 vs 0 Napoli | Venezia 2 vs 0 Genoa | Hellas Verona 2 vs 3 Torino | Cagliari 0 vs 2 Empoli European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford | Stoke City 1 vs 3 Hull City English Championship: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford | Stoke City 1 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 19° | 35° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 23° | 36° Oshakati: 23° | 36° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 23° | 33° Otjiwarongo: 18° | 29° Omaruru: 19° | 29° Windhoek: 17° | 26° Gobabis: 19° | 27° Henties Bay: 13° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 08:12, High tide: 02:24, Low Tide: 20:36, High tide: 14:35 Swakopmund: 13° | 17° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 08:10, High tide: 02:22, Low Tide: 20:34, High tide: 14:33 Walvis Bay: 14° | 27° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 08:10, High tide: 02:21, Low Tide: 20:34, High tide: 14:32 Rehoboth: 17° | 30° Mariental: 18° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 13° | 23° Ariamsvlei: 17° | 32° Oranjemund: 13° | 23° Luanda: 22° | 23° Gaborone: 13° | 29° Lubumbashi: 16° | 32° Mbabane: 9° | 25° Maseru: 12° | 23° Antananarivo: 14° | 23° Lilongwe: 15° | 29° Maputo: 16° | 27° Windhoek: 17° | 26° Cape Town: 14° | 20° Durban: 14° | 27° Johannesburg: 12° | 23° Dar es Salaam: 24° | 31° Lusaka: 14° | 29° Harare: 13° | 27° Currency: GBP to NAD 23.04 | EUR to NAD 19.23 | CNY to NAD 2.45 | USD to NAD 17.3 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.27 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.12 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.3 | USD to AOA 929.24 | USD to BWP 13.15 | USD to EGP 48.62 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.07 | USD to ZAR 17.32 | USD to ZMW 26.42 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1845.32 Up +0.73% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14269.55 Up +0.16% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31022.54 Down -0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 627.77/OZ UP +0.29% | Copper US$ 4.33/lb UP +0.53% | Zinc US$ 2 900.80/T UP 0.08% | Brent Crude Oil US$ 73.90/BBP DOWN -0.0081 | Platinum US$ 960.18/OZ DOWN -0.0101 Sport results: Currie Cup: Fidelity ADT Lions 14 vs 16 Hollywoodbets Sharks XV Rugby Championship: Argentina 29 vs 28 Springboks | Australia 28 vs 31 New Zealand Premier League: Manchester City 2 vs 2 Arsenal | Brighton 2 vs 2 Nottingham Forest | Crystal Palace 0 vs 0 Manchester United | Tottenham Hotspur 3 vs 1 Brentford | Southampton 1 vs 1 Ipswich Town | Liverpool 3 vs 0 Bournemouth | Leicester City 1 vs 1 Everton | Fulham 3 vs 1 Newcastle | Aston Villa 3 vs 1 Wolves | West Ham 0 vs 3 Chelsea LaLiga: Rayo Vallecano 1 vs 1 Atletico Madrid | Villarreal 1 vs 5 Barcelona | Athletic Club 3 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Leganés | Real Madrid 4 vs 1 Espanyol | Valencia 2 vs 0 Girona | Osasuna 2 vs 1 Las Palmas | Real Valladolid 0 vs 0 Real Sociedad | Deportivo Alaves 2 vs 1 Sevilla SerieA: Inter Milan 1 vs 2 AC Milan | AS Roma 3 vs 0 Udinese | Monza 1 vs 2 Bologna | Fiorentina 2 vs 1 SS Lazio | Lecce 2 vs 2 Parma | Juventus 0 vs 0 Napoli | Venezia 2 vs 0 Genoa | Hellas Verona 2 vs 3 Torino | Cagliari 0 vs 2 Empoli European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford | Stoke City 1 vs 3 Hull City English Championship: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford | Stoke City 1 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 19° | 35° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 23° | 36° Oshakati: 23° | 36° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 23° | 33° Otjiwarongo: 18° | 29° Omaruru: 19° | 29° Windhoek: 17° | 26° Gobabis: 19° | 27° Henties Bay: 13° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 08:12, High tide: 02:24, Low Tide: 20:36, High tide: 14:35 Swakopmund: 13° | 17° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 08:10, High tide: 02:22, Low Tide: 20:34, High tide: 14:33 Walvis Bay: 14° | 27° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 08:10, High tide: 02:21, Low Tide: 20:34, High tide: 14:32 Rehoboth: 17° | 30° Mariental: 18° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 13° | 23° Ariamsvlei: 17° | 32° Oranjemund: 13° | 23° Luanda: 22° | 23° Gaborone: 13° | 29° Lubumbashi: 16° | 32° Mbabane: 9° | 25° Maseru: 12° | 23° Antananarivo: 14° | 23° Lilongwe: 15° | 29° Maputo: 16° | 27° Windhoek: 17° | 26° Cape Town: 14° | 20° Durban: 14° | 27° Johannesburg: 12° | 23° Dar es Salaam: 24° | 31° Lusaka: 14° | 29° Harare: 13° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.04 | EUR to NAD 19.23 | CNY to NAD 2.45 | USD to NAD 17.3 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.27 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.12 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.3 | USD to AOA 929.24 | USD to BWP 13.15 | USD to EGP 48.62 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.07 | USD to ZAR 17.32 | USD to ZMW 26.42 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1845.32 Up +0.73% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14269.55 Up +0.16% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31022.54 Down -0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 627.77/OZ UP +0.29% | Copper US$ 4.33/lb UP +0.53% | Zinc US$ 2 900.80/T UP 0.08% | Brent Crude Oil US$ 73.90/BBP DOWN -0.0081 | Platinum US$ 960.18/OZ DOWN -0.0101