Inwoners skuld Otji-munisipaliteit N$53 miljoen
Belanghebbendes betrek
Die munisipaliteit se uitvoerende hoof het gesê die plaaslike owerhede het die afgelope paar jaar aansienlike besnoeiings in die gesig staar.
Enzo Amuele op Otjiwarongo
Die Otjiwarongo-munisipaliteit se bestuur het ’n vergadering met belanghebbendes belê om hul bydraes vir insluiting by die 2022-’23-begroting te bespreek.
Volgens die uitvoerende hoof, Moses Matyayi, is die vergadering belê om vas te stel hoe die raad post-Covid ekonomiese herstel kan bevorder en te bepaal hoe munisipale dienste getransformeer kan word om te verseker dit is modern, doeltreffend en omgewingsvriendelik.
Matyayi het gesê die plaaslike owerhede het die afgelope paar jaar aansienlike besnoeiings in die gesig staar.
“Die Covid-19-pandemie het dit vererger en het die raad met groot begrotingstekorte gelaat. Besighede en gesinne is ook hard getref,” het hy gesê.
Hy sê hoewel die raad se hulpbronne beperk is, is hulle daartoe verbind om dienste te lewer, omdat “ons nie in isolasie kan bestaan nie; ons moet as ’n gemeenskap saamleef”.
SKULD
Matyayi het inwoners gevra om hul skuld te delg sodat die raad sy funksies behoorlik kan uitvoer.
“Inwoners skuld ons N$53 miljoen. Ons kan baie met dié geld doen. Ons gaan dus skuldinvordering verskerp om te verseker inwoners vereffen hul skuld.”
Die munisipaliteit se skakelbeampte, Adelheid Shilongo, het met die belanghebbers gedeel hoe die munisipaliteit beplan om uitstaande skuld in te vorder.
Sy het gesê ’n goed funksionerende inkomste-administrasie is noodsaaklik vir die finansiële gesondheid van enige plaaslike owerheid en kredietbeheer, en skuldinvordering is ’n noodsaaklike komponent van inkomste-administrasie.
“Dit is algemeen dat inwoners, besighede en ander instansies die plaaslike owerheid miljoene skuld,” het Shilongo gesê.
Dit is teen hierdie agtergrond dat die raad op 24 November 2020 die skuldinvordering en inkomste-invorderingstrategie goedgekeur het wat uit 30 substrategieë (insluitend aansporings) bestaan, om skuldinvordering te verskerp en dit ’n prioriteit onder inwoners te maak om hul skuld te delg.
Sy het bygevoeg skuld hoop al sedert 2001 op; toe het dit op N$5 407 909 gestaan. Teen 2017 het die skuld tot N$47 miljoen gestyg. Die ekonomiese insinking, die droogte en Covid-19 het dié situasie vererger. Dit het veroorsaak dat die skuldbedrag tot N$53 miljoen gegroei het.
“Hierdie bedrag sluit alle munisipale dienste, soos onder meer tariewe en belasting, vaste afvalverwydering, sanitasie, water, Saambou-leningsbetalings en huurkontrakte in.”
Volgens die munisipaliteit se goedgekeurde Strategiese Plan 2022-’26, beplan die raad om altesaam 40% van uitstaande skuld teen die einde van die finansiële jaar 2026-’27 in te vorder.
Frieda Mokotjomela, die strategiese hoof vir menslike hulpbronne- en korporatiewe dienste, het ook gesê die plan is om Otjiwarongo in ’n slim stad te omskep met tegnologie wat die kern daarvan is.
“Ons woon in ’n globale dorp. Die wêreld het só ontwikkel dat ons nie meer in isolasie hoef te funksioneer nie. Ons moet aanpasbaar wees met vooruitgang wat gepaard gaan met inligtingstegnologie wat tans ’n noodsaaklike deel van dienslewering is.”
Plaaslike sakeman Gerd Sohrada het die munisipaliteit versoek om strategiese maniere te ondersoek oor hoe hulle inkomste kan genereer, aangesien hulle nie finansiering van die regering ontvang nie.
Die raad het net twee inkomstestrome, naamlik die verkoop van erwe en munisipale rekeninge.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie