Koperfees wink weer
Alle paaie lei na Tsumeb
Verskeie opwindende geleenthede word aangebied ter inleiding van die fees wat vanaf 3 tot 5 November plaasvind.
Desiree Gases
Die koors loop hoog met die immergewilde Koperfees op Tsumeb wat weer om die draai is.
Nie net bied die fees ’n topbemarkingsgeleentheid vir uitstallers en netwerkvorming nie, dit is ook ’n gulde geleentheid om die dorp se pragtige natuurskoon en omgewing te geniet en in die kollig te plaas.
Hoewel Covid die afgelope twee jaar se feesvieringe in die wiele gery het, is dié jaar se reëlings volstoom aan die gang met sakelui wat gereed maak om hul produkte ten toon te stel.
Die Koperfees word sedert 2017 by die JP Radledge-stadion gehou, maar vanjaar trek die geleentheid ’n splinternuwe baadjie aan. Die fees word weer by die UN Park aangebied - waar dit in 2003 sy debuut gemaak het.
Volgens die voorsitter van die fees, Julius Gaeseb, is dit hartseer dat vanjaar se fees waarskynlik nie so groot soos vorige jare s’n sal wees nie.
“Die pandemie het werklik sy tol op plaaslike en internasionale besighede geëis en ons is almal nog in die herstelproses. Nogtans is ons baie opgewonde oor hierdie fees.”
Gaeseb doen ’n beroep op alle klein- en mediumgrootte-ondernemings en beide plaaslike en buitelandse uitstallers om aansoek te doen om hul produkte en dienste by die fees uit te stal.
“Ons rig nederig ons uitnodiging aan hulle om hierdie inisiatief te ondersteun,” het Gaeseb gesê.
Besoekers aan vanjaar se Koperfees kan ’n verskeidenheid van aktiwiteite verwag - insluitend ’n boeredag, musiek en vermaak uit die boonste rakke, en die optog wat weer sy opwagting ná etlike jare se afwesigheid maak.
Gaeseb het voorts gesê verskeie opwindende geleenthede sal die fees inlui, met onder meer ’n galadinee op 1 Oktober en ’n Koperfees Bonanza wat die reëlingskomitee op 29 Oktober by die Oscar-Norich-stadion aanbied met netbal, sokker en vlugbal op die spyskaart.
Op dieselfde dag sal daar ook ’n “big walk” vanaf UN Park na die suidelike gebiede van die dorp gehou word.
Kontak Hofni Hamunyela by 081 351 3810 of [email protected] om ’n stalletjie te bespreek.
Die fees vind vanaf 3 tot 5 November plaas.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie