Maak jouself hier tuis
Twee hotelle onder een bestuur
Albei hierdie hotelle 'n reisiger se tuiste weg van hul huis.
Casa Forno Country Hotel is ’n pragtige, luukse B&B wat in vennootskap met C’est Si Bon, die Afrika-styl hotel, bestuur word en wat albei op Otjiwarongo geleë is.
Albei is ’n reisiger se tuiste weg van hul huis en is op die voorstoep van Namibië se noorde geleë.
Wyle Hendri Greeff het C'est Si Bon in 2007 by Nicolene en Koos Fourie oorgekoop. Dit is destyds uit drie huise omskep en benewens verblyf, sluit dit ook ’n à la carte-restaurant, ’n ten volle gelisensieerde kroeg en skemerkelkiekroeg asook ’n konferensielokaal in.
Vandag bied C'est Si Bon akkommodasie teen ’n bekostigbare prys en gaste kan van die swembad, kroeg, wasgoed- en internetgeriewe asook die konferensiegeriewe gebruik maak, terwyl hulle die groot tuine met verskeie voëlhokke kan geniet.
Voorsiening word gemaak vir vakansiegangers, gesinne, sakemense en diegene wat konferensies bywoon.
Die à la carte-familierestaurant bied ’n warm, elegante atmosfeer en spog met sy eie varsgebakte spesialiteitsbrode, pizza-oond, kaggel en uitgebreide wynlys. Gaste kan ook in die voorportaal ontspan of in die pragtige tuin, wat ’n speelparkie vir kinders insluit.
Altesame 25 opgeleide personeellede sien na gaste om.
Een van die nuutste toevoegings tot Namibië se akkommodasie geriewe is Casa Forno Country Hotel, wat maar vyf minute se stap vanaf die middedorp geleë is. Die dekor is modern met ’n Kaaps-Hollandse invloed en bied dit ’n stylvolle, ontspanne atmosfeer met gepaardgaande Namibiese gasvryheid, waar 24 personeellede na gaste omsien.
Die twee hotelle bied albei luukse en suite-hotelstylkamers wat ’n heerlike buffet-ontbyt insluit. Gaste kan persoonlike diens en vriendelikheid van die opgeleide personeel verwag.
Die hotelle beskik saam oor sewe verskillende konferensielokale wat sitplek vir 10 tot 60 mense bied. Hulle het al die nodige toebehore beskikbaar, insluitend skerms, projektors en blaaiborde, asook oorgenoeg parkeerplek.
Die hoofbestuurder, Esslen de Vries, het oor Casa Forno Country Hotel en C’est Si Bon Hotel se toekomsplanne gesê: “Ons sien uit na heelwat geleenthede wat begin met die OppieStoep-kuieraand op 23 Julie, waarna verskeie funksies sal volg, soos ’n liefdadigheidsgeleentheid vir die Otjiwarongo-buurtwag, die Altersheim Gala-aand, ’n liefdadigheidsgeleentheid vir Otjiwarongo Altersheim op 29 Oktober 2022, ’n ‘Weinachtsmark’ op 26 November en ’n Kersbuffet op Kersdag.”
Hoewel die twee hotelle verskeie uitdagings in die gesig gestaar het, sê hy wat hulle van die res onderskei sluit in dat hulle kliënte altyd sal probeer akkommodeer.
“Nog iets wat ons spesiaal maak, is dat ons ’n uitstekende bestuurspan het wat hoë standaarde handhaaf. Ons poog voortdurend om ’n diens van hoë gehalte te lewer,” het De Vries afgesluit.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie