Nuwe baadjie vir Agra Outjo
Die nuwe en opgeknapte Agra Outjo-tak is einde Augustus amptelik heropen en hiermee saam word ’n wyer reeks produkte voortaan op die rakke aangebied.
Die winkel bestaan nou uit ’n kleinhandeltak wat 1 158 vierkante meter beslaan, met ’n 231 m² tussenverdieping wat die oorspronklike kleinhandelarea van 394 m² vervang.
Die tak spog ook nou met ’n nuwe voerstoor van 803 m² en ’n bykomende pakhuis van 567 m².
Verder beskik die tak ook oor ’n soutskuur (132 m²) en ’n vraghouerdakstruktuur (150 m²).
Dié opknappings het meer as N$18,7 miljoen gekos.
In ’n mediaverklaring het Agra gesê in enige ontwikkelende land is dit noodsaaklik dat besighede terugploeg in die plaaslike ekonomie – nie net om mikro-ekonomieë op gemeenskapsvlak te stimuleer nie, maar ook om toegang tot noodsaaklike produkte en dienste in landelike gebiede te bewerkstellig.
Henning Tiemann, hoofbestuurder van Agra Eiendomme, het gesê: “Agra het vertroue in Namibië. Ons glo in die landbou en ons glo daarin om ons verbintenis tot gemeenskappe deur daadwerklike beleggings te bewys.”
Die heropening het gepaard gegaan met promosies en pryse wat op die spel was, asook ’n geleentheid vir kliënte om met verskaffers en Agra-personeel te gesels. Verskeie lede van Agra se senior bestuur het die geleentheid bygewoon, insluitend Agra se uitvoerende hoof, Arnold Klein.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie