Oesfees ná twee jaar uiteindelik terug
Die Grootfontein Boerevereniging is in 1908 gestig en destyds is produsente se totale oeste gebruik om die Oeskoning te bepaal. Namate dié kompetisie meer ernstig geraak het, is oesskattings elke jaar per hektaar gedoen nog voor die oes plaasgevind het. Vandag word die produsent met die hoogste skatting in tonnemaat per hektaar as die Oeskoning aangekondig tydens die jaarlikse Oesfees.
“Die Oesfees is een van die oudste sosiale geleenthede wat elke jaar op Grootfontein plaasvind en dit is ’n lekker saamkuiergeleentheid vir almal in die streek. Dit is nie ’n uitermatige groot geleentheid nie en duur net een dag. Almal woon dit by om as ‘n gemeenskap ’n goeie jaar vir ons boere en die dorp te vier,” sê die voorsitter van die verenigng, Johan Enslin.
Hy vertel voorts hoewel die instelling meer as 120 jaar oud is, is daar nog net 49 Oesfeeste gehou weens droogtes, veiligheidskewssies en pandemies. “Die fees word gewoonlik op die Oeskoning se plaas gehou, maar as die wenner se geriewe dit nie toelaat nie, sal dit by die boereverenigingsaal op Grootfontein se skouterrein gehou word.
“Die laaste Oesfees het in 2019 by dié saal plaasgevind, maar weens die droogte is geen Oeskoning aangekondig nie. Die skattings vir die oes was nie op ’n vlak om vir ’n aankondiging te kwalifiseer nie. Daarmee saam is die vyftigste fees vir twee jaar uitgestel weens Covid-regulasies.”
Vanjaar lyk die prentjie egter anders en die Grootfontein Oesfees word op Saterdag, 3 September, by die boereverenigingsaal gehou.
Agra en die boerevereniging sal die fees afskop met ’n “veldskiet” - wat meeste van die dag sal aanhou. ’n Program vir die vroue word vanaf 09:00 aangebied met ’n openbare spreker/sjef uit Suid-Afrika, en deur die loop van die oggend kan die jeug aan boeresport deelneem.
Ná middagete word leersame toesprake vir die boeregemeenskap gehou.
’n Hoogtepunt is die aankondiging van Mej. Oesfees, die oorhandiging van die onderskeie pryse en natuurlik die aankondiging van die Oeskoning.
Die dag word afgesluit met ’n braai en ’n dans. Deur die dag kan feesgangers al die verskeie stalletjies besoek en aan allerlei eetgoed smul.
Die fees word deur Grootfontein Boerevereniging se bestuurspan gereël tesame met vanjaar se wenner, Attie Nel van die plaas Algier. Die wenners vir 2020 en 2021 was onderskeidelik Gerry Kambonde (plaas Irvington) en Mavuto Mwanza (Farm De Rust).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie