Onbaatsugtige dade ken geen einde

Tanja Bause
Vir die afgelope 13 jaar reik Dieter Maree en sy groep vrywilligers uit na weerloses en minderbevoorregte mense landswyd.

Vier keer per jaar word kospakkies en pakkies met toiletware gepak. Kos word voorberei en vrugte en jogurt gekoop; dan word dit na die gemeenskap geneem wat dié keer bederf word

“Ons het al na die gemeenskappe van Otjinene, Aminuis, Epukiro, Omitara, Witvlei, Duineveld, Warmbad en Aroab uitgereik. Die San-gemeenskappe kry baie swaar en dit is hoekom ons nou meer op die Omahekestreek fokus.

“Ons gaan in September ons eerste uitreik na Tsumkwe doen. Ons het ook al ’n Kersete vir bejaardes op Okahandja en Kapps Farm bedien en aan die einde van vanjaar gaan ons met ons Krismisboks uitreik na Warmbad toe,” het hy gesê.

Sowat 1 200 mense baat jaarliks by die uitreik-aksies. Dieter het ’n groep mense wat uit vriende en kollegas bestaan wat al jare by die projek betrokke is, maar enigiemand wat wil help, is meer as welkom.

“Ons gaan 16 September Tsumkwe toe en beoog om 100 kospakkies en 60 toiletware-pakkies uit te deel. Ons gaan ’n ete, vrugte en jogurt bedien. Komberse en klere is ook welkom en enigiemand wat ’n bydrae wil lewer, kan my kontak en ek sal dit kom oplaai. Met hierdie uitreik-aksie gaan ons grootste uitgawe natuurlik brandstof wees en mense is meer as welkom om die uitreik in hierdie verband ook te ondersteun.”

Die span ry 1 000 kilometers om by die mense wat die hulp die nodigste het, uit te kom en ’n verskil te maak.

“Hoekom ry ons so ver? Ons is almal kosbaar in God se oë en mense moet herinner word dat hulle ’n waarde het – onvervreembaar. As jy die moeite doen om so ver te ry, dan kry jy ’n ander tipe waardering, wat teen die einde van die dag beslis die lewe meer betekenisvol maak.”

Mense wat wil help, kan vir Dieter ’n e-pos na [email protected] stuur.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!