Ontspan in die Namibiese bosveld

By Tana Safaris Bush Camp – wat op ’n private wildreservaat suid van Otjiwarongo geleë is – wag ’n ontspanningservaring soos min op gaste.



Dié tentekamp in die hartjie van die Namibiese bosveld is middel 2017 gevestig en bied verblyf teen sakpaspryse. Elkeen van die tente is privaat en beskik oor ’n dak van sy eie, terwyl dit modern dog gemaklik gemeubileer is.



Hier word elke dag begroet met die gekoer van duiwe, ’n tarentaal wat na ’n maat soek, ’n koedoe se geblaf of ’n rooibok se geblaas, terwyl die bobbejane hoog teen die berg uitklim om die eerste sonstrale se hitte te vang. Al die diere se geluide ten spyt, voel dit skoon asof dit die stilte is wat die grootste geraas maak.



Gaste kan op die stoep sit en kyk na die diere wat water toe kom – van die kleine dik-dik tot die grote kameelperd. Boonop is daar verskeie voëlspesies om te besigtig wat heeldag kom en gaan, asook meer as 20 verskillende wild- en katsoorte



Wat dit gemaklik maak om hier te bly, is die feit dat jy kan kamp sonder dat jy self kampeertoerusting hoef rond te karwei – alles staan reeds vir jou gereed.



By die lapa met sy unieke karakter kan gaste aansit vir ’n heerlike ete wat met sorg deur ’n sjef voorberei is, of tot laataand rondom ’n braaivleisvuur sit en kuier.



Jy kan lafenis soek van die dag se hitte in ’n koel swembad ná ’n (opsionele) wildkyktoer.



PERFEK VIR ONTSPANNING



Elke kampplek beskik oor sy eie braaigeriewe as jy jou eie vuurtjie wil aansteek, asook goed toegeruste ablusiegeriewe en water.



Die plaas is maklik toeganklik met enige voertuig en daar is selfoonopvangs en Wi-Fi (op aanvraag). Die grootste trekpleister is dat dit sakpas is vir ’n vinnige wegbreekkans van die gejaagdheid van die stadslewe of vir ’n russtop op pad na die Noorde.



Voeg daarby persoonlike aandag wat elke kampeerder geniet, en Tana is die perfekte ontspanningsbestemming!



Tana Safaris is op die C33-pad, 100 km noord van Omaruru of 35 km suid van Otjiwarongo geleë. Dit is dwarsdeur die jaar vir funksies of spesiale geleenthede oop. Kontak die Tana Safaris-span by 081 124 1370 vir besprekings of verdere navrae.



Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!