Oogsorg is ’n prioriteit
Die oogkundiges Tobich Optics bestaan reeds etlike jare in Windhoek en het besluit om in 2017 na Otjiwarongo uit te brei.
Hoewel dit ’n klein begin in die sentrale dorp was, was hulle in die sakekern geleë en het dit hulle die nodige blootstelling gegee.
Die besluit om na Otjiwarongo uit te brei was omdat die dorp vir Tobich Optics ’n nismark was en dit sou nog ’n oogkundige na die dorp bring.
Die oogkundige Bertus de Jager besit en bestuur Tobich Optics Otjiwarongo. Met meer as 15 jaar se ondervinding in oogsorg, is Tobich Optics Otjiwarongo jou eenstopwinkel vir elke oogsorgbehoefte.
Tobich Optics streef daarna om niks anders as uitsonderlike diens te lewer nie en om hul kliënte van die beste rame en lense te voorsien.
Tobich het ook brilrame en -lense vir kinders en kan ook oogtoetse vir kleintjies doen, aangesien oogondersoeke noodsaaklik is om te verseker ’n kind se oë gesond is en dat geen sigprobleme met skoolprestasie kan inmeng of ’n kind se veiligheid beïnvloed nie.
Dié oogkundige glo vroeë oogondersoeke is belangrik omdat kinders verskeie visuele vaardighede benodig wat belangrik is vir optimale leer, onder meer uitstekende gesigskerpte op alle afstande; akkurate en gemaklike oogspanvaardighede; en akkurate oogbewegingsvaardighede om jou kind se vermoë om te leer, te verbeter.
Tobich Optics bied ’n wye verskeidenheid rame, van generies tot luuks. Daar is nie net brilrame nie, maar ook sonbrille.
“Ons gee kliënte die opsie sou hulle nie hier iets kry waarvan hulle hou nie, kan ons dit van enige plek in die wêreld bestel,” sê De Jager.
Al Tobich Optics se werknemers werk al talle jare daar.
Kleinhandel-optiese en administratiewe assistent, Venecia Apolls, werk al nege jaar by Tobich. Sy sê wanneer jy vir ’n lang tyd vir ’n maatskappy werk, word hulle familie en voel jy gemaklik, wat die werksomgewing gemaklik maak.
Tobich Optics Otjiwarongo is in 2021 opgeknap en die vloeroppervlak is vergroot.
De Jager hoop hierdie opgraderings wys dat hulle lief vir hulle dorp is en hulle trots is om hier te wees.
’n Spesiale diens wat Tobich Optics van ander oogkundiges onderskei, is dat die oogspesialis dr. Jasper Lochner van Swakopmund elke twee maande ’n draai op Otjiwarongo maak. Pasiënte wat nie al die pad kus of Windhoek toe wil of kan ry om ’n spesialis te sien nie, kan ’n afspraak by hom maak.
Hierdie diens is juis tot voordeel van Otjiwarongo se inwoners, aangesien daar nie enige oogspesialiste is wat gereeld noordwaarts reis nie, ten spyte van die reuse-aanvraag.
Tobich Optics Otjiwarongo streef voortdurend om die mees innoverende, positiewe en goeie gehalte diens te lewer.
Tobich Optics is op die hoek van Rukumbi Kandanga- en St. Georgestraat geleë. Kontak hulle op 067 306 463 of besoek hulle webwerf of Facebook-blad.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie