Otji helau! Die karnaval is terug!
Desiree Gases op Otjiwarongo
Ná ’n afwesigheid van twee jaar, is daar uiteindelik weer karnaval op Otjiwarongo gehou, met vanjaar se verrigtinge wat tussen 8 en 17 September in dié Noordedorp gehou is.
Die karnaval, wat vanjaar sy 66ste bestaansjaar gevier het, is in 1954 deur Duitse immigrante begin wat hulself op die dorp gevestig het.
Volgens Heike Dedig, die president van Karnevals Gesellschaft Frohsinn und Humor Otjiwarongo, is die organisasie gestig omdat hulle hul Duitse kultuur wou laat voortleef, “en ons is trots om te sê dat ons vanjaar ons 66ste jaar kon vier”.
Die karnaval op Otjiwarongo is twee jaar jonger as Windhoek se Wika. Daar is egter landswyd soortgelyke feeste, onder andere Küska in Swakopmund, Lüka in Luderitz, en selfs Oska by Witvlei.
Hierdie karnavalle word elke jaar gehou – as daar nie iets soos Covid dinge onderbreek nie – en elkeen vind onder ’n ander tema plaas. Otjiwarongo se tema was vanjaar “Masken Fallen, Korken Knallen” wat vertaal in “Maskers val en proppe knal”, en al die versierings, uitrustings, toesprake en danse is rondom dié tema gebou.
Ná ’n afwesigheid van twee jaar was die Duitse gemeenskap, maar ander inwoners ook, baie opgewonde oor die feit dat die karnaval weer kon plaasvind, met alle verrigtinge wat by Paresis Park gehou is.
Die Prinzenbal het op 8 September plaasgevind, waar vanjaar se prins en prinses ook aangekondig is en wat ook ’n groot deel van die karnaval-tradisie is. Daarna het die internasionale aand en die kinderkarnaval (ook met ’n prins en prinses), plaasgevind gevolg deur die Büttenabend op 16 September, met die optog en tradisionele “Kehraus” op 17 September wat die verrigtinge tot ’n einde gebring het.
Oudergewoonte word alle winste terug in die gemeenskap geploeg en het die organisasie al in die verlede die DBV, verskeie ouetehuise en individue finansieel bygestaan.
Vanjaar is dan ook geensins anders nie. “Ons sal weer kwessies in die gemeenskap identifiseer en die winste skenk aan wie ook al werklik in die nood is,” het Dedig gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie