Otji-krokodilplaas bevorder bewaring én toerisme
Kom kuier lekker saam
Behalwe vir die heerlike eet- en drinkgoed hier, kan jy ook hier kom oornag.
Hoewel krokodille soos ons hulle vandag ken reeds sowat 80 miljoen jaar bestaan, is hulle tog klein replikas van die dinosourusfamilie wat eens oor ons planeet geheers het.
Oor die eeue heen het baie krokodilspesies uitgesterf. Gelukkig is die onwettige jag van dié reptiele vir hulle gesogte velle vervang met die wettige krokodilboerderye en die oes van krokodilvel, wat baie spesies ‘n beter kans op oorlewing gee.
In die 1980’s is ongeveer 20 spesies as bedreig gelys weens die verlies van die meeste van hul habitatte, terwyl net sewe spesies nou steeds as bedreig beskou word.
Die Otjiwarongo Krokodilplaas is in 1985 gestig met ’n teelgroep van 60 volwasse Nylkrokodille.
Vandag dien dit steeds as ’n belangrike toeriste-aantreklikheid wat ook vir bewaringsdoeleindes belangrik is. Behalwe om die Namibiese krokodilbevolking te beskerm, sorg dié diere se dieet dat baie afval van die plaaslike vleis-, vis- en pluimveebedryf nie vermors word nie.
Krokodilboerdery is een van die toekomstige pilare van akwakultuur en hou baie potensiaal vir talle kleinskaalse entrepreneurs in.
Afgesien van die internasionale waarde van die gesogte velle, word krokodilvleis as ’n lekkerny beskou. As gevolg van die reptiele se lae metaangasvrystellings, kan krokodilboerdery werklik as “groen”-boerdery geklassifiseer word.
Die Otjiwarongo Krokodilplaas is veral toegespits op dierevriendelike boerderypraktyke.
Verdere ontwikkelings
Die krokodilplaas-ontwikkeling op Outjo huisves ’n tweede teelgroep waar nuwe mannetjieskrokodille ingebring word. Dit omdat die bestaande teelgroep in Otjiwarongo verouder en die krokodilplaas by laasgenoemde nuwe bloedlyne benodig.
Omdat dit ’n duur en logistiek-veeleisende operasie is, word dit in fases aangepak. Sonkraggeriewe is pas by die Outjo-perseel geïnstalleer - wat die volgende fase van uitbreidings moontlik maak.
Intussen het die krokodille in Otjiwarongo pas hul eiers gelê, wat nou in die broeikaskamer is en na verwagting vroeg in Desember sal uitbroei.
Besoekers word aangemoedig om by die krokodilplaas te kom uitspan en ’n heerlike ete by die restaurant in ’n pragtige tuin rondom ’n koi-visdam te geniet, terwyl die kinders lekker in die speelpark kan baljaar en foto’s geneem kan word van dié “monsters” vanaf die uitkykplatform.
’n Toer van die plaas duur ongeveer 20 minute.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie