Padstaldroom word ’n werklikheid
Route 38 open sy deure
Kom stop hier voor jy die langpad aanpak!
“Vir baie jare het ek daarvan gedroom om ’n padstal te begin. ’n Tipiese Namibiese padstal. ’n Padstal waar jy enige handgemaakte, tuisgemaakte, gebakte of gebottelde item kan koop. Waar jy outydse produkte soos Ouma se kondensmelk-fudge, sjokolade-fudge, Turkish Delight, klapperrys, dadelballetjies – noem maar op – in die hande kan kry,” vertel die mede-eienaar van Route 38 op Outjo, Jennie van Rensburg.
Aan die einde van 2021 is Johnnie en Jennie van Rensburg gevra of hulle sou belangstel om ’n gebou in die dorp te huur wat ideaal sou wees om Jennie se droom ’n werklikheid te maak. Die gebou het oor alles beskik wat die Van Rensburgs sou nodig hê: ’n kombuis, ’n ruim binnenshuise area asook ’n groot tuin aan die agterkant van die eiendom, terwyl die gastekamers ’n bonus is.
Hiermee het die Van Rensburgs se droom een stap nader aan ’n werklikheid gekom.
Die volgende uitdaging was om dit ’n naam te gee. “Om op ’n naam te besluit wat by jou idees pas, is nie so eenvoudig nie,” sê Jennie. “Maar Route 38 weerspieël presies wie, wat en waar ons is. Dis op die C38, in die middel van Outjo, geleë en dis die ideale plek om aan te doen voordat jy verder reis na enige bestemming in die weste van die land.”
Behalwe dat Route 38 uit ’n winkel bestaan, beskik dit ook oor ’n restaurant en verblyfgeriewe.
Die perseel is in Outjo se hoofstraat, langs Weimanns Garage, oorkant SWA Gemstones en die Outjo Bakery.
Route 38 is nou maar eers ’n paar weke oop, maar verskaf reeds werk aan tien personeellede wat bystand verleen aan elke afdeling van die besigheid.
Toe die Van Rensburgs oor hul toekomsplanne uitgevra is, sê hulle: “Ons droom groot! Ons beplan om ’n gereelde mark te hou, waar plaaslike kreatiewe mense en boere van omliggende plase hul produkte kan kom verkoop; basies ’n mark waar almal net lekker saam kan kom kuier en ontspan.”
Soos met alle nuwe dinge, het die Van Rensburgs ook ’n paar uitdagings in die gesig gestaar.
“Die uitdagings het maar meestal met administratiewe verpligtinge te doen. Onder meer moes ons uiteraard aansoek doen vir ’n besigheidslisensie en ’n dranklisensie. Hierdie soort dinge verg maar baie geduld!”
Die uitdagings ten spyt, is hulle dit eens dat elke dag vir hulle ’n ongelooflike reis is. “Die Here het vir ons deure oopgemaak en dinge eenvoudig net laat gebeur. Hy het ook duidelike deure toegemaak met goed wat net nie uitgewerk het nie,” voeg Jennie by.
Die bestaande gebou moes ook verskeie opknappings ondergaan.
“Die opknappings was vir ons een van die grootste hoogtepunte, want dit het beteken dat ons ’n splinternuwe restaurant kon begin wat dit ook nou die perfekte plek maak vir ’n padstal reg langs die pad. Boonop kan ons nou ook die gemaklikste kamers ooit bied in ’n tipiese plaasstyl, wat iets uniek in die area bied.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie