Plaaslike stofies die wêreld vol
Verskyn op Engelse kookprogram
Charles Dorn-Schirring se Bushman Fire-stofie – wat in Otjiwarongo ontwerp en vervaardig word – loop die wêreld storm.
In 2007 het Charles Dorn-Schirring die eerste Bushman Fire-stofie, wat hy self ontwerp het, in sy motorhuis gemaak
Sy buurman het die stoof gesien en een bestel. Die nuus het vinnig versprei dat die stofie doeltreffend is, en die res is – soos hulle sê – geskiedenis.
Vandag word die stoof in 30 lande wêreldwyd gebruik om op ’n kostedoeltreffende manier disse voor te berei.
“Die stofie werk met kole, die rook is minimaal en nie wind of weer het ’n impak op sy doeltreffendheid nie. Met net 500 gram kole kan jy agt ure lank kook. Jy plaas 500 gram kole in die stof en sit ’n pot met beesstert bo-op, en agt ure later val die vleis van die been af,” het Charles gesê.
Die laaste besending het na Wallis in die Verenigde Koninkryk toe gegaan.
“Marianna Marks, ’n gebore Namibiër wat nou daar woon, bied M’s Kitchen op televisie aan; sy deel Namibiese en Suid-Afrikaanse disse en resepte op die program.
“Sy het ’n Bushman Fire-stofie van ’n vriend ontvang. Na talle navrae oor die gebruik van die stofie op haar program, het sy besluit om die stoof daar te verkoop.”
Intussen het Charles die regte verkopers in Suid-Afrika gevind.
“Hulle het Bushman Fire SA gestig wat op Takealot gelys is. Hulle verkoop ook uit die hand uit en kry geweldig baie navrae.
“’n Vrou het onlangs na hulle toe gekom en gevra of dit die Namibiese stofie is? Sy het sommer sewe gekoop toe hulle ja sê. Sulke stories verbly ’n ou se hart en maak alles die moeite werd.”
Andrew Elliott, die eienaar van Ace’s Braai in Johannesburg, wat al die feeste en skoue bywoon om sy braaibenodighede uit te stal, bemark ook die stofie.
Daar is ook iemand wat die stofie in Australië wil bemark, maar vervoer is op die oomblik ’n probleem.
“’n Vol houer word weggestuur, maar alle deelvrag gaan eers Hamburg toe, waar dit oorgelaai word en na die eindbestemming gestuur word. Dit maak die produk ongelukkig baie duur en almal wil ’n wins maak.”
BUSHMAN FIRE
Die stoof is in drie verskillende groottes beskikbaar, met ’n driebeenpot, ’n platboompot of gewone pot wat daarop pas.
Die Bushman Fire-stofie word nie warm nie en kan selfs wanneer daar kole in is, rondgeskuif word – wat dit ideaal maak vir vissermanne en om langs die see te gebruik.
“Jy kan byvoorbeeld die stoof agterop jou bakkie se klap sit en begin kosmaak. As die vis nie byt nie, kan jy stadig ry en ’n ander gat gaan soek. Die stoof is swaar, so dit sal nie sommer omval nie.”
STRANDLOPER
Charles het ook ’n strandloper-braai ontwerp.
“Van die vissermanne het gesê hulle is op soek na ’n braai wat – soos die stoof – nie deur die wind en weer beïnvloed word nie.
“Die strandloper het bene wat uitvou sodat dit hoog staan en ver van die sand af is. Wanneer jy klaar gebraai het, word die kole uitgekrap en die braai koel binne vyf minute af. Daarna vou jy dit op en dit kan maklik vervoer word.”
Die strandloper word slegs op aanvraag gemaak. Terwyl die Bushman Fire-stofie en veldoondjie altyd by kampwinkels en by Charles direk beskikbaar is.
VELDOONDJIE
“Intussen het ek ook die veldoondjie ontwerp en gebou wat nou begin vlamvat. Ek het al self ’n nek, rib, boud, hoender en eisbein in die oond gemaak en ek is sielsgelukkig met die resultate. Ek het juis dié week ’n hele bestelling Windhoek toe gestuur.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie