Renosters bewaar vir toekomstige geslagte

Herbevolking ’n prioriteit
Die Rhino Momma-projek sien om na wit- en swartrenosters wat op die randjie van uitsterwing staan.
Enzo Amuele op Outjo
Enzo Amuele op Outjo

Die Rhino Momma-projek is ’n Namibiese inisiatief wat hom teen stropery asook die bewaring van die land se wit- en swartrenosterspesies beywer.

Die projek het ten doel om dié soogdiere wat op die randjie van uitwissing staan, te bewaar.

Die visie en missie van die Rhino Momma-projek is om Namibië en die res van Afrika met dié diere te herbevolk.

Volgens Jaco Muller, stigter van die Rhino Momma-projek, het die inisiatief ontstaan toe sy seun, Tristan, wat in daardie stadium net 16 jaar oud was, ’n skooltaak moes aanbied wat op bewaring gefokus het. Tristan het dié kans aangegryp om sy medeleerlinge hieroor in te lig.

“Hy het geskryf oor die teel van renosters met die doel om Namibië te herbevolk; dit is waar die hele projek ontstaan het,” het Jaco gesê.

Hy het gesê hulle het hul eerste renoster in 2010 aangekoop, en sedertdien het die getal gegroei.

“Ons het verskeie renosters uit Suid-Afrika ingevoer. In daardie stadium het ons nie geweet hoe duur die proses gaan wees totdat stropery ’n probleem in Namibië begin raak het nie.”

Hy sê hulle moes meer mense as teenstropingswagte aanstel om die renosters te beskerm.

Hulle het ook ’n girokopter aangeskaf wat elke dag as ’n bykomende beskermingsmeganisme dien.

“Die spesie staan op die randjie van uitwissing en daarom besoek projeklede skole om die leerlinge meer oor renosters in te lig.

“As ons nie alles in ons vermoë doen nie, sal ons toekomstige geslagte nie meer renosters in die natuur sien nie,” het hy gesê.

Jaco sê renosters speel ’n noodsaaklike rol in die ekosisteem en as renosters uitsterf sal ander spesies ook vrek.

Die Rhinoceros Botfly kan byvoorbeeld net voortbestaan wanneer daar lewende renosters is.

SUKSES

Jaco het voorts gesê om renosters te bewaar is ’n duur proses weens hul voer en om hul veiligheid te verseker.

Intussen is 17 renosters na die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK) uitgevoer, drie na Angola, tien na die VSA en die res is plaaslik verkoop.

“Sedert 2013, toe ons eerste kalf gebore is tot vandag, is daar altesaam 122 renosterkalwers gebore,” het hy gesê.

Volgens Jaco het renosterstropery sedert 2012 geleidelik in Namibië toegeneem met die 2017-’18-seisoen wat die ergste was.

“Stropery het ’n vernietigende uitwerking op die renosterbevolking, veral in Suid-Afrika. Vyf jaar gelede was daar ’n beraamde 20 000 renosters in die natuur, wat nou met byna 40% gedaal het,” het hy gesê.

Hy sê mense in gemeenskappe word gebruik om renosters te stroop en hulle baat niks daarby nie.

Jaco het in 2018 besluit om die Kifaru Luxury Lodge and Bush Camp te bou om die Rhino Momma-projek te finansier. Die naam Kifaru beteken “renoster” in Swahili.

“Ons het ons deure in November 2019 geopen, ’n paar maande voor Covid toegeslaan het,” het hy gesê.

Die lodge bied gaste die geleentheid om hulself in rustigheid te verdiep en bied panoramiese uitsigte oor die reservaat waarop dit geleë is

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!