Rubicon bereik belangrike mylpaal
Vier kwarteeu in sekuriteitsbedryf
Sedert sy ontstaan, het Rubicon uitgebrei en bestaan dit vandag uit agt verskillende entiteite.
Die sekuriteitsmaatskappy Rubicon het op 1 Februarie vanjaar 25 jaar oud geword het; ’n belangrike mylpaal vir enige onderneming.
Volgens een van die twee besturende direkteure en eienaars van die groep, Christo Groenewald, het hul werknemers wat doeltreffende diens aan kliënte lewer, dié mylpaal moontlik gemaak.
“Dit is egter ook te danke aan ons kliënte wat in ons vermoë bly glo om aan hul sekuriteits- en verwante behoeftes te voldoen.”
Rubicon het ontstaan toe die voormalige Tsumeb Corporation Limited besluit het om sy interne veiligheidsfunksie te privatiseer.
In daardie stadium het die behoefte aan private sekuriteitsdienste ook landswyd toegeneem. Met hul destydse ankerkliënt het Rubicon oor die afgelope 25 jaar uitgebrei tot ’n onderneming wat vandag meer as 1 500 werknemers in diens het en ’n voetspoor wat die grootste deel van Namibië dek.
In 2007 het hulle ’n aantal uiteenlopende dienste binne Rubicon geïdentifiseer en die besluit is geneem om hierdie dienste in eie regsentiteite te omskep.
Vandag bestaan die Rubicon-groep uit agt verskillende regsentiteite, naamlik Rubicon Sekuriteitsdienste, Rubicon Alarmdienste, Rubicon Vervoerdienste, Rubicon Radiodienste, Rubicon Brandweerdienste, Rubicon Beleggings, Rhino-werkdrag en Griffin finansiële dienste.
“As ek myself nie misgis nie, is Rubicon die grootste en langsdienende sekuriteitsonderneming met 100% Namibiese aandeelhouding in die land. Daarmee saam het ons nog altyd daarna gestreef om ’n goeie korporatiewe burger te wees en belê ons graag in die gemeenskappe waar ons werksaam is, terwyl ons voldoen aan die toepaslike Namibiese wette,” het Groenewald gesê.
Om mee af te sluit, het Groenewald gesê: “Ons is dankbaar teenoor God die Almagtige wat ons die afgelope 25 jaar geseën het. Ons vertrou Hom om ons besigheid vir die komende jare te onderhou. Ons bedank ook ons kliënte vir hul vertroue in ons en ons hoop om ons standaard van diens te handhaaf. Bowenal spreek ons ons dank uit teenoor ons werknemers wat ’n uitstaande diens lewer.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie