Vellies en meer uit leer
Oud en nuut onder een dak
As jy 'n leerwinkel met 'n verskil wil sien, hoef jy nie verder as Twaksak op Otjiwarongo te soek nie.
Eienaar Elmarie Tromp vertel twee jaar gelede, in die midde van Covid-19 se greep, het besigheid by hulle diensstasie – Northgate Shell – byna tot stilstand geruk.
“Ek wou iets nuuts probeer,” sê sy. Só het dit ook gebeur dat sy antieke en ou meubels asook allerlei leerprodukte soos vellies, handsakke, beursies en “eintlik engiets wat by my produktelys gepas het” begin aankoop het, sê sy.
Maar van dag een af was dit die leerprodukte en veral die vellies in allerlei kleure en ontwerpe wat die grootste trekpleister was. “Vandag nog bly dit baie gewild,” vertel sy.
Benewens die bogenoemde is daar ook gordels, hoede en vlieëplakke en selfs die gewilde “knobel” dobbelspeletjie by Twaksak – alles in leer.
“Maar daar is ook antieke meubels en klein geskenkies wat veral op die skoner geslag gemik is.”
Elmarie bestuur tans self die winkel met die hulp van Natalie, die vrolike en gawe winkelassistent.
In die twee jaar sedert die besigheid sy deure oopgemaak het, sê Elmarie dit bly vir haar altyd lekker om te sien hoe gelukkig en tevrede kliënte is wanneer hulle uit die winkel stap. “En dis nóg lekkerder wanneer hulle terugkom om nog te koop!”
Sy skryf die winkel se sukses tot dusver toe aan “diens, diens en nogmaals diens, vriendelikheid en die uitstekende leerprodukte wat ons verkoop”.
Niks is egter sonder sy uitdagings nie, en sê sy ervaar hulle op die oomblik ’n tekort aan robleer. “China het die robleerfabriek op Hentiesbaai oorgeneem en gevolglik voer hulle al die velle daarheen uit. Robleer is ’n baie sagte en goeie gehalte leer,” vertel sy, wat dit uiteraard wonderlik maak vir die produkte wat sy verkoop.
Elmarie vertel sy sal graag in die toekoms die besigheid wil uitbrei. “Ons is reeds op die uitkyk vir ’n groter eiendom met ’n groter vloeroppervlak,” sê sy.
Intussen sê sy enigiemand wie se antieke meubels in hierdie stadium net stof opgaar, is welkom om Twaksak te kontak as hulle daarvan ontslae wil raak, want die winkel sal dit graag oorkoop.
Twaksak is by Northgate Shell in Otjiwarongo geleë. “Ons is onder die grasdak. As jy vanuit die noordelike rigting kom is ons die eerste Shell regs; of die tweede Shell links vanuit die Suide.”
Kontak Twaksak by 081 845 5644, of besoek hulle Facebook-blad by https://www.facebook.com/twaksaknam/ vir meer besonderhede oor hulle produkte.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie