Vergrootglas op die oes van duiwelsklou
Ellanie Smit – Altesaam 40 deelnemers van bewaringsgebiede in die Waterberg-omgewing het onlangs ’n kursus voltooi om duiwelsklou volhoubaar te oes.
Die plant word gebruik as ’n kruiemiddel vir pyn en inflammasie.
Namibië is die wêreld se grootste uitvoerder van duiwelsklou, met ’n markaandeel van sowat 95% en voer tussen 400 en 600 ton per jaar uit.
Volgens die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme het Namibië in 2019 ongeveer 1 000 ton duiwelsklou uitgevoer.
“Dit lyk of hierdie uitvoervolumes gedaal het. Een belangrike rede is dat die aantal beskikbare plante begin afneem,” luidens ’n verslag.
Die uitvoerwaarde wissel egter jaarliks tussen N$80 miljoen en N$100 miljoen. Sowat 50% word direk aan landelike produsente en plaaslike handelaars betaal.
Die kursus is deur die omgewingsministerie in samewerking met GIZ Biodiversity Economy op Okakarara aangebied, en het ten doel gehad om volhoubare inkomstestrome en die beskerming van biodiversiteit in Namibië te bevorder.
MYLPAAL
Volgens die ministerie het die goeie landbou- en insamelingspraktyke (GACP )-opleiding en -sertifisering ’n mylpaal in Namibië se verbintenis tot die diversifikasie van plaaslike inkomstestrome bereik terwyl sy natuurlike hulpbronne beskerm word.
“Deur verantwoordelike oes- en handelspraktyke aan te neem, asook doeltreffende verbouingsmetodes en die nakoming van etiese handelsbeginsels, sal die deelnemers nuwe inkomstestrome ontsluit wat in harmonie met die omgewing is.”
Van die sleutelkomponente van die program is die ondersteuning wat aan suksesvolle deelnemers verskaf word ná die voltooiing van die kursus. Diegene wat vaardigheid in die GACP -beginsels toon, sal noodsaaklike toerusting ontvang, insluitend nette, messe en snyplanke.
Die kapasiteitsbou fokus ook op verbeterde verwerkingstegnieke en goeie higiëne en verpakkingspraktyke om potensiële risiko’s van kontaminasie te verminder, asook die vestiging van volhoubare markverbindings.
Die uitvoerende direkteur, Teofilus Nghitila, het gesê Namibië se natuurlike hulpbronne is ’n onskatbare erfenis wat verantwoordelik bestuur moet word.
Hy het bygevoeg dat Namibië sy leidende posisie nie net in kwantitatiewe voorsiening nie, maar ook in kwalitatiewe, verantwoordelike voorsiening moet behou.
“Ons ervaar reeds mededinging van ons buurlande Botswana en Suid-Afrika. Die mees lewensvatbare manier om hierdie kompetisie teë te werk, is deur ons volhoubaarheidsoorwegings te verbeter.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie