’n Tuiste weg van die huis

Persoonlike sorg
Kom span op Grootfontein óf op Rundu uit.
Enzo Amuele
Die spoggerige Grootfontein Gastehuis het sy deure in 2018 geopen en is in Moltkestraat op dié dorp geleë.

Die gastehuis beskik oor 16 kamers, waaronder een hoofsuite, twee wat met enkelbeddens toegerus is, twee gesinskamers, twee “budget” kamers, en die oorblywende tien kamers wat met dubbel- of koningingrootte-beddens ingerig is.

Boonop is elkeen van die kamers toegerus met ’n yskas, koffie- en teestasie, televisie met ’n hotel DStv-pakket en goeie WiFi-sein.

Daarbenewens is daar ’n restaurant en kroeg op die perseel wat Maandae tot Sondae vanaf middagtyd tot middernag oop is. Die gastehuis beskik ook oor ’n konferensiekamer met plek vir 60 mense waar spesiale geleenthede aangebied kan word.

Tot dusver was die goewerneur van die Otjozondupastreek, James Uerikua, se dinee die grootste geleentheid wat hulle aangebied het, en in 2019 het die president ook hier tuisgegaan.

Gaste kan ook afkoel en ontspan langs in die swembad.

Die Grootfontein Gastehuis is reeds ten volle vir Desember uitgeboek.

In 2016 het die eienaars, Sydney en Izette Munkonge, ook die Kavango River Lodge gekoop.



KAVANGO RIVER LODGE

Hierdie oord is in Rundu geleë en bestaan uit nege selfsorgkamers, tien luukse kamers, drie gesinskamers en ses nuwe hoofsuites wat elkeen oor WiFi- en DStv-geriewe beskik.

Hier is ook ’n restaurant en kroeg op die perseel wat deur die dag oop is. Die lodge beskik ook oor konferensiegeriewe wat vir funksies of konferensies gehuur kan word.

Volgens Izette speel hulle ook ’n rol in die opheffing van gemeenskappe deur onder meer hul borgskappe aan plaaslike skole en kerke in beide Rundu en Grootfontein.

Die ministerie van onderwys, kuns en kultuur se konferensie vir koshuissuperintendente vanjaar, toe die lodge 200 individue gehuisves het, was die grootste groep wat nóg by die Kavango River Lodge onthaal is.



UITDAGINGS

Izette sê die grootste uitdaging wat hulle in die gesig staar, is om gaste tevrede te hou en hulle tuis te laat voel.

“Daar is soms gaste wat ‘n uitdaging kan wees, maar ons doen alles in ons vermoë om ’n hoë standaard te handhaaf en hulle tevrede te hou,” het sy gesê.

Gewoonlik is albei oorde se kamers volbespreek, en albei verwelkom toergroepe.

Sy het bygevoeg hulle het, sedert Covid-19, in Julie vanjaar weer hul eerste toergroep by die Kavango River Lodge verwelkom, en dat daar reeds besprekings van verskeie toeroperateurs vir Desember bevestig is. Hulle het ook reeds besprekings vir 2023 ontvang.

“Ons streef daarna om die beste moontlike diens aan ons gaste by albei oorde te lewer. Ons wil graag sien dat beide die Kavango River Lodge en Grootfontein Gastehuis vir gaste ’n tuiste weg van die huis is, waar hulle as gaste arriveer en as vriende vertrek.

“As eienaars waardeer ons ons werknemers en die diens wat hulle aan ons gaste lewer,” het sy afgesluit.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!