’n Lafenis vir die reisiger

Gastehuis bied ’n toevlug aan sy gaste
Die Noordoewer-gastehuis is 'n ideale rusplek vir moeë reisigers en is in die verre suide van Namibië by die Suid-Afrikaanse grens geleë.
Monique Adams
Die Noordoewer-gastehuis se deure is in 2002 deur Marie van der Merwe geopen wat dit as ’n stokperdjie beskou het.

In daardie stadium het die gastehuis net drie kamers gehad.

Vier jaar later het Marie egter besluit dit is tyd om haar stokperdjie ernstig op te neem en het die gasvryheidsbedryf met oorgawe aangepak.

“Ons het daarna 11 kamers, ’n restaurant, en ’n swembad aangebou asook 13 permanente werknemers aangestel,” het haar seun en mede-eienaar, Marais van der Merwe, gesê.

Die gastehuis is ongeveer halfpad tussen Windhoek en Kaapstad geleë en bied 14 kamers, elkeen en-suite en met sy eie ingang.

Die kamers beskik oor ’n yskassie, lugversorging en ’n koffie- en teestasie. Boonop kan gaste uitspan terwyl hulle in hul kamer DStv kyk, of dalk eerder vanaf die gastehuis se houtdek die pragtige uitsig oor die Noordoewer-plase en die Oranjerivier geniet.

Die kombuis bied ’n verskeidenheid van disse en hulle is bekend vir die tradisionele tuisgemaakte etes wat op Sondae bedien word.

Een van die uitdagings wat die gastehuis in die gesig staar, is om dwarsdeur die jaar meer voete daarheen te lok. Op die oomblik kuier besoekers meestal tydens vakansieseisoene daar wanneer hulle heen en weer tussen Suid-Afrika en Namibië reis.

“Ek wil sien hoe die Noordoewer-gastehuis suksesvol is en ’n plek is waaroor almal praat. In die nabye toekoms kyk ons daarna om verskillende aktiwiteite aan te bied,” het Marais gesê.

Sy raad aan aspirant-entrepreneurs is om seker te maak voordat jy ’n bedryf aanpak, om jou navorsing deeglik te doen, en om in jouself te glo.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!