Al jou vleisbehoeftes onder een dak
Net die beste vir kliënte
Dié slaghuis op Mariental is al vir meer as 20 jaar in die bedryf en die eienaars beywer hulle om topgehalte vleisprodukte te bied.
In die bekwame hande van Louwrens en Alma Knouwds, albei vleisliefhebbers, gaan die Ry & Kry Slaghuis – wat reeds in 1999 sy deure geopen het – steeds van krag tot krag.
Die slaghuis het 25 werknemers in diens en die eienaars kan trots sê dat hulle al hul produkte, van Weense worsies tot polonie, self maak.
Volgens Alma eksperimenteer hulle gereeld met verskillende vleissoorte en nuwe speserykombinasies. En wat is ‘n slaghuis sonder biltong en droëwors? Hier kan jy ook ‘n verskeidenheid van dié produkte kry.
Die eienaars is vol vertroue dat hulle besigheid nog verder gaan groei. “Ons sal graag wil uitbrei en nog meer produkte aan ons kliënte bied,” vertel Alma.
‘n Hoogtepunt vir die Ry & Kry Slaghuis was toe hulle in 2013 na ‘n groter perseel kon trek en vanjaar het hulle ‘n masjien aangeskaf wat die maak van hulle “Russians” vergemaklik.
Vir die span is dit ook belangrik om terug te ploeg in die gemeenskap. Hulle is betrokke by ‘n sopkombuis en hulle reik ook uit na mense op plase deur kospakkies aan hulle te skenk.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie