Baken van hoop op Groot Aub

Tanja Bause
Die Faizah and Rhode’s Helping Hands and Soup Kitchen in Groot Aub is in 2019 deur die toe 14-jarige Faizah begin.

Sy het begin om een keer per week kos aan 50 kinders te gee en vandag ontvang 450 kinders elke Woensdag en Saterdag etes.

Frank en Charmaine Joseph het agtergekom dat Faizah ekstra toebroodjies skool toe gevat het en haar daaroor uitgevra.

“Sy het gesê daar is baie honger kinders by die skool en sy wil vir hulle help. Sy het later begin om kos te kook en by die huis uit te deel. Sy het gesê sy wil ’n sopkombuis begin en ons kon nie anders as om in te stem nie. Op 1 Augustus 2019 het sy en haar suster die sopkombuis begin,” het Frank gesê.

Faizah is tans op Rehoboth in die skool en in die koshuis. Sy kom een keer per maand vir ’n naweek Groot Aub toe waar sy dan in die sopkombuis werk.

“Sy wil graag elke naweek betrokke wees, maar ongelukkig het die koshuis reëls en kinders mag net een keer per maand huis toe gaan,” het Frank gesê.

Die egpaar gee nou Woensdae en Saterdae etes vir die kinders.

“Ek staan 05:00 op en begin om die groente te skil en voor te berei. Om 08:00 kom nog vier vroue uit die gemeenskap om my te help sodat ons vanaf 13:30 gereed kan wees wanneer die skool uitkom. Ons gee vir almal kos solank as wat daar kos in die potte is. Ons wil niemand wegwys nie, maar soms is die potte net leeg en ons moet kinders wegwys,” het Charmaine gesê.

Volgens die egpaar is die nood in Groot Aub groot en ontvang die mense geen staatshulp nie.

“Vroeër jare het van die mense die Harambee-kospakkies ontvang, maar dit gebeur al lank al nie meer nie. Ook ons raadslid gee nie om nie en doen niks nie.”

Hulle kan weens finansiële redes net die kinders twee keer per week voed, maar talle kere staan die kinders op die ander dae voor die deur en vra vir iets om te eet.

“Hulle staan by die draad en vra Antie het jy nie enigiets om te eet nie? Hoe sê ek ek het nie enigiets nie? Soms het ons self ook niks in die kaste nie, maar as die kleintjies vra dan gee ek, al is dit ’n sny brood,” het sy gesê.

Die grootste behoefte is vier-in-een-sopmengsels en droë bestanddele soos rys, pap, macaroni en brood.

“Ons kry een keer in die week 30 brode van Wilnors Bakery in Windhoek, maar dit is reeds te min en van die kleiner kinders kry net een sny brood. Ons wil ook graag hiermee ons borge bedank. Groot en klein, ons kan nie sonder julle nie. Julle maak ’n groot verskil in die lewens van die kinders in Groot Aub.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!