Kinders help om dorp op te knap

Tanja Bause
’n Komitee op Lüderitz – wat ten doel het om die dorp op te knap en te verfraai – het nog ’n projek van stapel gestuur.

Die projek behels dat die vyf waterreservoirs wat op die heuwels bo dié kusdorp geleë is, geverf word.

Die verf is deur Sure Cast Mining & Construction geborg en die eerste drie reservoirs het reeds hul nuwe baadjies gekry.

“Twee vriende van Windhoek het gehelp om te verf, asook my familie, ’n lid van die Beautification-projek se komitee en Nambzee, die kunstenaar wat die reservoirs nou met sy kunswerke gaan versier,” het Phil Balhao gesê.

’n Paar naweke later het leerlinge van die Lüderitz Blue School ingespring om die laaste twee reservoirs te verf.

Die verf was ongelukkig nie genoeg nie en hulle kon nie die projek voltooi nie

“Ons benodig nog hulp om die twee watertenks te verf. Hulle is nou eers half-wit geverf. Ons benodig dan ook nog gekleurde verf sodat die kunswerk op die tenks geskilder kan word.

“Nambzee sal nou ontwerpe voorlê en sodra die ontwerpe goedgekeur en die verf beskikbaar is, sal hy begin skilder. Dan sal die reservoir nóg ’n toeriste-aantreklikheid word.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!