Lüderitz word opgedollie

Nambzee gaan reservoirs versier
Die komitee wat die Beautification-projek bestuur, het groot planne vir die kusdorp.
Lüderitz trek stuk vir stuk ’n nuwe baadjie aan.

Die afgelope naweek is drie van die vyf waterreservoir op dié kusdorp oorgeverf. Die mense agter die skoonmaak en opknapping van die dorp is raadslid Phil Balhao en sy Beautification-projek wat hy as raadslid gestig het.

“Dit is ’n komitee wat help met die dinge waarby die raad nie kan uitkom nie.

“Ons doen dit om die dorp aantrekliker vir besoekers en die plaaslike gemeenskap te maak. Die komitee het ’n hele paar projekte geïdentifiseer en een van hulle is om die reservoirs oor te verf. Die strukture het sleg gelyk.”

Sure Cast Mining & Construction het die verf vir dié projek geskenk.

“Twee van my vriende uit Windhoek het gehelp om te verf, asook my familie, ’n komiteelid van die Beautification-projek en Nambzee, die kunstenaar wat die reservoirs nou met sy kunswerke gaan versier.”

Volgens Phil gaan Nambzee ontwerpe voorlê en sodra hulle goedgekeur en die verf beskikbaar is, sal hy die ontwerpe op die reservoirs teken.

“Ons wil hê die waterreservoirs moet ikoniese landmerke van die dorp word. Dit is egter net een van die projekte wat ons mee besig is.”

Die letters vir die woord ‘Lüderitz’ is reeds gemaak en dit sal nou met beton gevul word voordat dit helderkleurig geverf word en by Aeroplane Beach in die dorp opgesit word.

“Ons hoop die letters sal binne die volgende twee maande staan. Ons het talle skenkings vir die letters van besighede en dorpsmense gekry, waaroor ons oneindig dankbaar is. Ons beplan ook om geel fotorame op verskeie plekke te laat opsit.”

Volgens Balhao is daar nog baie ander idees om Lüderitz mooi te maak.

“As daar mense in die land of ou Buchters is wat by die Beautification-projek betrokke wil raak, sal ons dit baie waardeer. “Enige hulp in enige vorm sal waardeer word. Kom ons vat hande en maak die dorp mooi sodat die dorp soos ’n diamant in die woestyn kan skitter. Ons het die hulp en hande van almal nodig om al die drome te bewaarheid.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!