Margreth dra die kroon
“Ek het al van kleintyd af verskillende skoonheidskompetisies en modelwerk-programme op televisie gekyk. Oor die jare het my passie vir skoonheidskompetisies gegroei. Ek was mal oor die glans, die rokke en die meisies wat so vol selfvertroue was. Dit en my familie se aanmoediging om deel te neem, het my geïnspireer en deur my skoolloopbaan het ek aan verskillende kompetisies deelgeneem.”
Dit is die woorde van Magreth Negumbo (19) wat vanjaar as Mej. Kreeffees 2023 gekroon is.
Imogen Engelbrecht is as eerste prinses aangewys en Chariva Seister as tweede prinses.
Magreth is tans ook die titelhouer van Mej. Lüderitz. Sy is in 2018 as Mej. Lüderitz gekroon en sedertdien was daar nog nie weer ’n skoonheidskompetisie op die dorp nie.
Sy sê sy was dankbaar toe sy as Mej. Kreeffees aangewys is.
“Die titel maak deure oop en ek wil sien wat die skoonheidsbedryf vir my inhou en ja, ek sal vir Mej. Namibië inskryf. Maar eers in twee jaar omdat ek myself nog wil voorberei en my land beter wil leer ken.”
Margeth is tans ’n student aan die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust) se satellietkampus op Lüderitz waar sy besig is met ’n baccalaureusgraad in vervoer- en voorsieningskettingbestuur.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie