'n Plek vol geskiedenis

Groei van krag tot krag
Geleë in die heuwelagtige kusdorpie, is die Lüderitz Nest Hotel op Vrydag, die 24ste April 1998 deur Dr Sam Nujoma bekendgestel.
Monique Adams
Die konsep van die spog hotel is deur Tom Mutavdzic en Ulf Grünewald, ‘n bekroonde hotelier geïnisieër en 24 jaar later spog die eienaars met ‘n span van 40 werknemers.

Sedert die deure vir die eerste keer oopgemaak is, het die span hard gewerk om vandag een van Namibië se vooraanstaande en mees gerespekteerde vierster hotel in die land te wees.

"Die gasvryheidsbedryf is 'n opwindende en lonende sektor met baie geleenthede om as 'n individu te ontwikkel en te groei," sê Grünewald, die hoofbestuurder van Lüderitz Nest Hotel. Hy het 'n sleutelrol gespeel om waardevolle fondse te bekom vir die bou van speelgronde, die verkryging van brandweerwaens, die bou van 'n kleuterskool en gemeenskapsentrum en opknappings by die Lüderitz-hospitaal.

Die Lüderitz Nest Hotel is die enigste hotel in Namibië wat direk op die rotse en die see geleë is en bied ‘n fantastiese uitsig van die mariene omgewing en Atlantiese oseaan.

Die hotel bied ‘n privaat strand en ‘n buiteswembad omring deur groen tuine. Daar is 70 kamers en drie luukse suites met direkte see-uitsigte, ‘n restaurant wat die varsste Lüderitz-oesters bedien, weskuskreef, perlemoen en heerlike crêpes suzette vir die soettand. Daar is ‘n sitkamer en kroeg waar gaste rustig ‘n drankie kan geniet.

Vir die reisiger wat glad nie aan huistakies wil dink tydens hulle wegbreek of vakansie nie, is daar ‘n opsie om tot jou wasgoed te laat was.

Maar Lüderitz Nest Hotel stop nie hier nie en mik hulle na hoër hoogtes in die nabye toekoms. Binne die volgende vyf jaar wil Lüderitz Nest Hotel sy teenwoordigheid in die internasionale mark verder vergroot.

Die Lüderitz Nest Hotel het baie hoogtepunte beleef sedert hul deure oopgemaak het, insluitend die wen van baie HAN- en Trip Advisor-toekennings. Sleutelhoogtepunte van hierdie onderneming sluit in die bekendstelling van die hotel deur dr Sam Nujoma. Die span speel ook ‘n gewelde groot rol in 'n sleutelondersteunende rol vir die wêreld se voorste spoedseilplankrygeleentheid, die Lüderitz Speed Challenge) en die ondersteuning van groot plaaslike gemeenskapsprojekte.

Vir die eienaars is van hierdie onderneming is dit vir hulle belangrik om eersteklas, wêreldklas diens te lewer. Die hotelpersoneel ondergaan ook deurlopende opleiding by Silver Spoon Hospitality Academy, een van Namibië se voorste gasvryheidsopleidings sentrums.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!