Nuwe trekpleister vir Lüderitz
Naam pronk in Aeroplanebaai
Talle foto's met die kleurvolle letters is in die sosiale media gedeel.
Die kleurvolle letters “Luderitz” pronk sedert 1 Julie op Aeroplanebaai op dié kusdorp.
Talle foto’s is al in die sosiale media versprei van mense wat by die nuwe toeriste-aantreklikheid in die dorp poseer.
’n Komitee op Lüderitz – wat ten doel het om die dorp op te knap en te verfraai – het dié projek van stapel gestuur.
Die mense agter die projek is raadslid Phil Balhao en die Beautification-projek waarvan hy die stigter is.
“Ons is ’n komitee wat help met projekte wat die raad sukkel om by uit te kom. Ons doen dit om die dorp aantrekliker vir besoekers en die plaaslike gemeenskap te maak.”
ANTS CREATIONS
Hy het vir Anthony Shipanga van Ants Creations gekontak om houtvorms van die letters te maak. Die vorms is toe met sement gevul, opgesit en geverf.
Anthony het by die Skorpion Zinc-myn op Rosh Pinah gewerk toe Covid-19 uitgebreek het en mense by die myn afgelê is.
“Ek moes toe kies tussen my twee passies; die een was om musiek te maak as DJ Ants en die ander een was houtwerk.
“Houtwerk het uitgestaan aangesien geen vermaak en byeenkomste tydens die pandemie toegelaat is nie. Ek het die geld gevat en houtwerkmasjiene gekoop.”
Alhoewel hy ook gewone houtmeubels maak, is Anthony se passie om pasgemaakte meubels – spesiaal volgens sy kliënte se behoeftes – te maak.
“Ek werk met epoksi, ek doen gravering op hout. Die dorp se mense het gesien ek doen nie net gewone houtwerk nie. Ingenieurs het die letters ontwerp en Phil het my gevra of ek belangstel. Ek het die geleentheid aangegryp omdat ek nie wegskram van ’n uitdaging nie.”
Anthony moes die letters herontwerp en aanpas omdat sy masjiene nie groot genoeg was nie en ook nie die rondings in die letters U, D, E en R kon doen nie.
“Ek het ’n plan gemaak en die vorms binne drie weke klaargemaak. Ek het myself in die voet geskiet met die kwotasie, want op die ou end het die materiaal my meer gekos as wat ek gekwoteer het. Ek kan egter nie nademaal kla nie, want dit is nie hulle skuld nie – dit is my eie.”
Die agt letters is elkeen 1,5 meter hoog en almal behalwe die I is 1,45 m breed.
“Die dag toe die letters onthul is, wou ek van trots huil. Ek was mal verby trots, want nou kan almal my letters sien. Ek het dit gemaak. Die vorm het gehou toe die sement ingegiet is en die eindproduk is netjies en ongelooflik mooi.”
Volgens Anthony is die letters sy tweede hoogtepunt in sy sakelewe. Die eerste was die houttafel van 5 meter lank wat hy vir Blue Klep gemaak het.
“Hulle het die tafel by my bestel en ek het besluit om epoksi te gebruik. Ek wou nog altyd met epoksi werk en ek het ’n rivier in die middel van die tafelblad gemaak en hulle logo ingegraveer.
“Die tafel is met ’n hyskraan deur die dak ingesit en almal was baie verras toe hulle die tafel sien. Hulle het ’n gewone houttafel verwag.”
Anthony het op die oomblik drie werkers wat vir hom werk. Hy hoop om sy besigheid in die volgende vyf jaar uit te brei met ’n groter werksplek, nywerheidsmasjiene en ’n verkoopslokaal.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie