’n Veilige hawe vir Lüderitz se jeug
Fokus op opvoeding, motivering en aktiwiteite
Die stigters van die Faith Valley Christian Centre, Arden en Susanna Izaaks, hoop om 'n positiewe verandering binne hul gemeenskap te bewerkstellig.
Die idee van die Faith Valley Christian Centre – wat in Talstraat in Lüderitz geleë is – het ontstaan toe Arden en Susanna Izaaks besef het hoe gesinne in die gemeenskap sukkel ná die uitbreking van Covid-19.
“Dit het my hart gebreek om te sien hoe gesinne aand na aand sukkel sonder ’n bord kos op die tafel en nog erger toe ek besef hoe kinders deur vullis gaan op soek na kos,” het Susanna gesê.
Die sentrum se doel is om die droom van God in die harte van die gemeenskap te herstel. Boonop fokus hulle op opvoeding, motivering en aktiwiteite saam met die kinders.
Die sentrum het tans drie programme wat terug in die gemeenskap ploeg.
Youth Clean It is ’n program waar die sentrum op tenders bie waaraan die jeug kan deelneem en betaal word vir werk wat verrig is en daardeur werksgeleenthede skep. Die Feed a Child-program bied kinders iets om te eet asook kuns, dans, sang en om hulle van die Here te leer, en laastens word die dorp se bejaardes versorg.
Susanna sê een van hul grootste uitdagings sluit in om geld, vervoer en vrywilligers te kry.
“Ons het tot ’n groot mate daardie uitdagings oorbrug deur na mense uit te reik, en ons plan, ons begeerte en behoeftes met hulle te deel, en God het ons bygestaan omdat dit Sy wil en plan is vir die kinders van Lüderitz.
“Vandag het ons ’n gebou, en ons het vrywilligers en mense wat hulle hande uitsteek om Feed a Child te help,” het sy gesê.
Een van hul hoogtepunte vir die jaar was toe mense van die Lüderitz Diamond Run kospakkies geskenk het.
Susanna sê hulle wil graag in die volgende vyf jaar ’n gebou van hul eie besit waar hulle dans-, sang-, skilder- en musiekklasse aan jongmense van die dorp kan aanbied.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie