No Image Caption

Nasa se InSight groet met laaste foto

Elvira Hattingh
Waarskynlik die heel laaste foto ooit vanaf InSight, die Amerikaanse ruimteagentskap (Nasa) se verkenningstuig wat sedert November 2018 op Mars werksaam is, is gisternag Aarde toe gestuur.

Dié tuig se vierjaar lange studie van die rooi planeet sal binnekort finaal tot ‘n einde kom omdat dit nie langer genoeg krag kan opwek nie - die tuig se sonpanele is kwaai toegepak deur Mars se stof.

“My krag is werklik min, so hierdie is waarskynlik die laaste foto wat ek kan stuur,” is daar omstreeks middernag, plaaslike tyd, op InSight se amptelike sosiale mediakanale uit die oogpunt van die ruimtetuig geskryf.

“Moet egter nie oor my bekommerd wees nie: My tyd hier was beide produktief en rustig. As ek kan voortgaan om met my sendingspan te kommunikeer, sal ek dit doen. Maar ek gaan binnekort groet. Dankie dat julle by my gebly het!”

Namibië se dr. Japie van Zyl was in 2008 ook ten nouste betrokke by InSight se sending na Mars as die voormalige direkteur van sonnestelselverkenning by Nasa se Straalaandrywingslaboratorium (JPL).

Die tuig was die eerste om ‘n aardbewing, of eerder ‘n ‘Marsbewing’ op die rooiplaneet waar te neem, die impak van ‘n meteoriet op dié planeet te voel en wetenskapliks baie oor die planeet se dwarrelwinde en ondergrondse lae te leer.

InSight is een van talle sendings na die rooi planeet - Nasa het reeds 50 sendings na Mars gehad, waaronder verskeie ruimtetuite en satteliete, maar nie almal was suksesvol nie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 35° Rundu: 19° | 35° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 23° | 35° Ruacana: 22° | 35° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 23° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 21° | 37° Keetmanshoop: 21° | 38° Aranos: 22° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 39° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 35° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 17° | 29° Maseru: 16° | 31° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 32° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 16° | 25° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 16° | 31° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 20° | 32° Harare: 18° | 28° #REF! #REF!