• Tuisblad
  • Tjil
  • PAS IN: Cheetah-welpies sorg vir Kerskoors in Nebraska

PAS IN: Cheetah-welpies sorg vir Kerskoors in Nebraska

Dr. Laurie Marker, die stigter en uitvoerende direkteur van die Cheetah Conservation Fund (CCF) in Namibië, het die Lee G. Simmons Wildlife Safari Park naby South Bend, Nebraska in die VSA, gelukgewens met die onlangse geboorte van vier jagluiperdwelpies in die teelfasiliteit van die park.

Dié fasiliteit maak ‘n groot verskil aan die wêreld se jagluiperdbevolking, het Marker gesê in ‘n e-pos wat sy aan The Plattsmouth Journal gestuur het. Die safaripark is deel van die Henry Doorly Zoo and Aquarium in Omaha. Dit is geakkrediteer en ‘n lid van die nasional teelsentrum vir jagluipers in die VSA.

“Elke geboorte en elke welpie is belangrik vir die groei van die bevolking en die genetika van die bevoling op ‘n wêreldskaal. Geakkrediteerde dieretuine soos Omaha doen baie goeie werk deur saam te werk in die bestuur van die jagluiperdbevolking,” sê sy.

Lee G. Simmons Wildlife Safari Park se teelfasiliteit is afgesonder en nie oop vir die publiek nie. Dié groot, afgesperde area bied voldoende ruimte aan die jagluipers, gun hulle privaatheid en is soortgelyk aan hul natuurlike habitat in Afrika.

Die vier welpies, almal gesond en gelukkig, het die safaripark se jagluiperdbevolking tot 20 vergroot.

Jagluipers word as kwesbaar op die International Union for Conservation of Nature se rooilys vir bedreigde spesies aangedui. Kenners meen daar is net tussen 12 000 en 15 000 jagluipers in die natuur oor, die meeste van hulle in Namibië, Botswana en Algerië.

“As Afrika se bedreigste kat, het jagluipers al die hulp nodig wat hulle kan kry,” sê Marker. “Weens verlies aan habitat, dier-mens-konflik en die onwettige handel in troeteldiere, sukkel die jagluiperd om sy stryd om oorlewing te wen.”

“Die bevolking in aanhouding word toenemend beskou as ‘n ondersteuningsplan om die habitat te herstel waar jagluiperds eens was of hul getalle tans laag is en hulp benodig word. So elke werpsel is belangrik. Geluk aan Omaha met hul sukses.” – The Plattmouth Journal

Kommentaar

Republikein 2024-11-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 35° Rundu: 19° | 35° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 23° | 35° Ruacana: 22° | 35° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 23° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 21° | 37° Keetmanshoop: 21° | 38° Aranos: 22° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 39° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 35° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 17° | 29° Maseru: 16° | 31° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 32° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 16° | 25° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 16° | 31° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 20° | 32° Harare: 18° | 28° #REF! #REF!