Pas In: Landbou vorder in Kunene
Die parlementêre staande komitee oor natuurlike hulpbronne het verlede week besoek afgelê aan projekte in die Kunenestreek, waar die omgewingsbeleggingsfondsprojek (EIF-projek) en die ministerie van landbou, water en grondhervorming inwoners teen die impak van klimaatverandering bemagtig. Kleinveeboere op Sesfontein het só ‘n besoek ontvang, asook die Fransfontein-gemeenskapstuin. Hier staan komiteelid, me. Johanna Kandjimi, die Outjo-kiesafdeling se streekraadlid, mnr. Johannes Antsino, me. Aina-Maria Iteta, die EIF se uitvoerende beampte van besigheidstrategie en prestasiebestuur, komiteelid, mnr. Sebastian !Gobs, en die Nasionale Verdagering se beampte, me. Iine Shikongo, met van die goeie oes. Foto EIF
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie