• Tuisblad
  • Tjil
  • PAS IN: Namibië se hemelruim minste besoedel
Foto Dr. Fabio Falchi
Foto Dr. Fabio Falchi

PAS IN: Namibië se hemelruim minste besoedel

Die hemelruim bo Tivoli Astro Farm in Namibië is die minste deur kunsmatige lig besoedel, luidens ‘n onlangse studie van sowat 50 sterrewagte wêreldwyd.

‘n Span kenners, insluitende wetenskaplikes van Italië, Spanje en Chili, het ligbesoedeling by fasiliteite gemeet – by van die grootste professionele sterrewagte ter wêreld tot by kleiner fasiliteite wat op amateurs gemik is.

In dié studie, wat in die Monthly Notices of the Royal Astronomical Society gepubliseer is, sê die wetenskaplikes kunsmatige lig op Aarde besoedel die hemelruim bo die meeste vername sterrewagte. Daadwerklike optrede is dringend nodig om dit reg te stel, sê hulle.

Die mins besoedelde van al die sterrewagte in die studie was ‘n lodge in Namibië wat verskeie teleskope huisves wat aan amateur sterrekundiges verhuur word, het dr. Fabio Falci bevind. Falci, ‘n fisikus wat in ligbesoedeling aan die Universidade de Santiago de Compostela in Spanje spesialiseer, het die studie gelei.

“Ek was onlangs daar en kan bevestig dat dit die mins besoedelde plek is wat ek al ooit gesien het,” het Falci gesê.

“Ons moet probeer om die ligbesoedelingsvlakke by ander plekke te verminder om die toekoms van aardgebaseerde sterrekunde te beskerm,” het hy gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-11-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 35° Rundu: 19° | 35° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 23° | 35° Ruacana: 22° | 35° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 23° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 21° | 37° Keetmanshoop: 21° | 38° Aranos: 22° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 39° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 35° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 17° | 29° Maseru: 16° | 31° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 32° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 16° | 25° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 16° | 31° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 20° | 32° Harare: 18° | 28° #REF! #REF!