PAS IN: Rekordpryse vir koring, mahangu
Die Namibiese vloerpryse van beide koring en mahangu het in die 2021-'22 oesseisoen 'n tienjaar-rekord behaal en op onderskeidelik N$6 283,89 per ton en N$5 735 per ton te staan gekom.
Die vloerprys van witmielies was N$4 635 per ton. Dié prys het in die 2016 - '17 oesjaar 'n piek van so hoog as N$5 304 per ton bereik.
Terselfdertyd is die bemarking van Namibies-geproduseerde graan grootliks voltooi, het die Namibiese Akkerbouraad (NAB) se akkerboubestuurder en markontwikkelaar, me. Loyde Uahengo, aan Republikein gesê.
Dit kom terwyl 2022 ‘n rekordoesjaar vir beide witmielies asook koring was.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie