PAS IN: Seun rand glo ma aan
Shimhanda Annanias Mweshipandeka (36) is Woensdag omstreeks 07:00 in ’n hut in die Ondjamba Yalala-nedersetting in die Ohangwenastreek vermoor.
Die verdagte het glo die oorledene verskeie kere met ’n houtstok oor sy hele liggaam geslaan, wat ernstige kopbeserings veroorsaak het.
Hy het na bewering ook die slagoffer met ’n Okapi-mes in sy linkerarmholte gesteek, wat ’n diep wond tot gevolg gehad het. Die slagoffer is op pad na die Oshakati-intermediêre hospitaal dood.
Die verdagte het glo ook ’n 76-jarige vrou – sy biologiese ma – met ’n houtstok aangerand totdat sy bewusteloos was.
Die tweede slagoffer is in die Oshakati-staatshospitaal opgeneem en is in ’n kritieke toestand. Die verdagte, ’n 31-jarige Namibiese man, is in hegtenis geneem.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie