PAS IN: Von Bachdam kry eerste water
Die Von Bachdam het vanmiddag sy eerste invloei van water vir die nuwe reënseisoen gehad.
Volgens ‘n damverslag wat pas deur NamWater vrygestel is, het daar teen vanmiddag 15:30 sowat 3,4 m³ water per minuut in dié dam ingevloei. Altesaam 0,676 Mm³ (miljoen kubieke meter) water het sedert vanoggend 08:00 in die dam ingeloop.
Die afgelope Maandag was die dam net sowat 39% vol, met ‘n inhoud 18,513Mm³ water. Die Von Bachdam, saam met die Omatako- en Swakoppoort dam, verskaf water aan sentrae dele van die land, insluitende die hoofstad.
NamWater het Maandag gesê laasgenoemde twee damme was onderskeidelik 79% en 2,2% vol, terwyl die drie damme se gemiddelde stand 45,1% was.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie